Skelm teer sy pad terug selle toe
‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...
Hierdie Fees op 18-20 September vanjaar beteken net Pret en Plesier vir Familie en Vriende. Na ons eerste suksesvolle fees in 2014, beloof die Funky Fynbos Fees wat gefokus is op pret en plesier vir familie en vriende, om ‘n naweek te wees om te onthou. Toegang tot fees en stalletjie areas is gratis. Vrywilligers om vanaf 14-17 September met die Funky Fynbosuitstalling te De Uijlenes te help, word benodig. (Sylvie by 073-277-5842 of Aletta by 082-499-0230) Buiten drie bergfietswedrenne sal daar ook 3 bergwedlope wees. Aktiwiteite vir kinders sluit korter bergfietswedrenne, bergwedlope, pedaal aangedrewe go-karts, kulkunstenaars, modelvliegtuie, springkastele, gesigsverf en ook ‘n paar ander verrasings in! Ons sal ook ‘n looitjie trekking hê vir ‘n Monsen ‘Big Gun’ vetfiets vir grootmense, (ter waarde van R12,000) en ‘n kinder ‘Junior 20” Rapid’ vetfiets (ter waarde van R3,750), wat gedeeltelik geborg word deur Euodia Cycles. Elke deelnemer aan die bergfietswedren en bergwedloop sal outomaties ingeskryf word vir hierdie prys. Die Gansbaai Hawe sal aktiwiteite soos visbraai, lewendige vermaak en pret vir kinders aanbied. Vir die natuurliefhebber sal daar Fynbos safaries, perdryritte in die fynbos of op die strand aangebied word. Gansbaai Gholfklub sal ‘n gholfkompetisie aanbied, terwyl voëlkykers ook welkom is.
Opwindende ritte langs die kus en begeleide vetfiets roetes sal ook beskikbaar wees. Loer by die Lomond wynkelder in vir wynproe en ‘n ‘pop up’ restaurant vir ‘n artisanale kos ervaring vir die fynproewer, wat lewendige musiek, asook ‘n vlieghengel kompetisie insluit! De Uijlenes sal die bekende Gansbaai Fynbos uitstalling ten toon stel, met lewendige vermaak, ‘n speelpark vir kinders, handwerk en kosstalletjies. Strandskloof Karavaan Park sal 4x4 aksies aanbied met roetes vir die ervare en onervare deelnemer tot by Witblitz. Alle roetes sluit gidse en reddingspersoneel in. Perlemoenpotjie en baie ander kos sal beskikbaar wees met ‘n spitbraai later met die spanne. Kinders kan lekker speel en deelneem aan trein-ritte, springkasteel en voovie slide; en moenie vergeet van die ‘lucky draw’ nie! Groeneweide in Franskraal bied hierdie jaar uitstallings en verkope van selfdoenprojekte aan. Lekker kos sal beskikbaar wees met wyn, bier en musiek vir almal. Kinders kan die plaasdiere besoek en baljaar op die klimraam. Bring gerus julle Radiokontrole Vliegtuie en geniet die uitstalling en verkope by Hermanus Hobbyland. Die attraksies waarvoor Gansbaai wêreldwyd bekend is, soos haaiduik met die Grootwithaai en 4 verskillende maniere om na walvisse te kyk – per helikopter, per vliegtuig, van land of per boot, word ook aangebied. Helikopterritte vir algemene besigtiging sal ook beskikbaar wees. ‘n Gedeelte van die fees se opbrengs sal aan ‘n liefdadigheidsorganisasie geskenk word, wat later geïdentifiseer sal word. Jy kan aanlyn inskryf vir die: “Rockets Funky Fynbos Mountain Bike races”, “Cape Mohair Trail Runs” en “Flower Power 4X4 events”. ‘Goodie’ sakkies sal deel uitmaak van die inskrywingsprys vir die bergfietswedren en wedlope. Die waarde van die pryse beloop R120,000 wat kontant, geskenkbewyse vir haaiduik, walviskyk en akkommodasie in die Gansbaai area insluit. Kom geniet die Funky Fynbos Fees en eien JOU gedeelte daarvan! Vir meer informasie en om op hoogte te bly, besoek ons by www.funkyfynbos.co.za en volg ons op Facebook – Funky Fynbos Festival / Twitter @FunkyFynbos1.
Vind meer uit oor Gansbaai by www.xplorio.com/gansbaai of www.gansbaaiinfo.com. Come Cycle, Run or just have Fun! Kontaknommer vir navrae: 082-689-0355.
Michelle Williams
Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.
View ProfileXplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read More‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...
Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.
‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...
Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...
39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.
Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...