Skelm teer sy pad terug selle toe
‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...
Gansbaai Primêr se Pilchies het ‘n bedrywige tydjie agter die rug, waarop hulle sommer baie trots is. Hulle tradisionele “Big Brag” op Vrydag, 28 Augustus 2015 het met groot opwinding en geselligheid gepaard gegaan. Die onderskeie spanne is vanjaar deur hulself voorgestel, pette is aan die rugby- en netbal se eerste spanne oorhandig en krete is geoefen vir die groot Interskole Sportdag op Saterdag, 29 Augustus 2015 teen Laerskool WA Rossouw in Montagu. “Ons het ongelukkig nie baie goed gevaar nie, maar ons het darem die Geesbeker verower,” sê die skoolhoof, Tommy Volkwyn. “Net twee netbalspanne, asook hulle eerste span, het gewen.” Dit was die skool se eerste weg-Interskole byeenkoms wat hulle bygewoon het. Tommy bedank graag die volgende borge (alfabeties): Atlantic Abalone, Gansbaai Marine, Gansbaai Superspar, I & J, Nasua Breedevallei en Romansbaai Aqurion, asook alle plaaslike ondersteuners. Op Vrydag, 4 September 2015 het alle leerders en onderwysers aan ‘n lenteloop deelgeneem. Hulle het vanaf die skool tot by die getypoel in Kleinbaai gestap. Daar is heerlik piekniek gehou, vleis gebraai, trampolien gespring en mini-krieket gespeel, asook vele ander speletjies om uiting aan ‘n lente-gevoel te gee. Tommy bedank graag die plaaslike verkeershoof en sy span vir die begeleiding tydens die staptog. (Foto’s: Neil Pedro) Hardus Botha
Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.
View ProfileXplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read More‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...
Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.
‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...
Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...
39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.
Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...