Skelm teer sy pad terug selle toe
‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...
“Wat ‘n lekker Loslitdag 2015 was dit nie en ons wil graag ‘n groot dankie sê aan almal wat mildelik bydraes by die Biblioteek afgelaai het,” vertel Sharman Geldenhuys, Gansbaai se Bibliotekaris. “Ons het ‘n hele blomblaar vol kos, toiletware en speelgoed gekry wat ons namens die Biblioteek op die grasperk voor die munisipalekantore kon gaan uitpak.” Sy sê ook dat De Kleine Gansies se kleuters pragtig met hulle blommetjies en vlerkies gelyk het, met die tema “spring into action”. Hulle was ook behulpsaam met die uitpak van die Biblioteek se bydrae, terwyl hulle ook vir biblioteekpersoneel gesing het. “Ons het letterlik - spring into action - gehad toe die twee Graad R klasse van Laerskool Gansbaai ons sommer ook met ‘n besoek by die Bilioteek verras het,” sê Sharman. “Hulle is baie bevoorreg om twee sulke oulike Graad R juffrouens te hê.” Sharman bedank ook graag Gansbaai munisipaliteit wat hulle bussie vir die vervoer van die kinders beskikbaar gestel het, asook Gansbaai se Brandweerpersoneel vir hulle bydrae.
Hardus Botha
Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.
View ProfileXplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read More‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...
Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.
‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...
Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...
39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.
Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...