Skelm teer sy pad terug selle toe
‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...
Dis weer dié tyd van die jaar waarvoor almal gewag het: Herberg-aan-See (HaS) se jaarlikse en gewilde basaar op Vrydag, 25 September 2015 - met Gansbaai se Goue Hande wat onverpoos gewerk het en steeds werk tot en met die dag van die basaar. Selfs ‘n dag of wat voor die tyd hardloop die vrywillige werkers (enkele manne ingesluit!) soos rooimiere rond om alles gereed te kry. Vele smaaklike eet- en drinkgoed sal weer beskikbaar wees: kleinkoekies (dosyne), groot koeke, terte, “crispy” koeksisters (dosyne), nagereg, pannekoeke, vleisgeregte, vars vleis en groente en veel, veel meer - te veel om te lys - kom kyk eerder self. Die restaurant met heerlike etes moet ook nie vergeet word nie. Vanjaar is dit in die Kleinsaaltjie saam met ‘n pragtige kwiltuitstalling. Die gewilde wit-olifanttafel, tombola-items en naaldwerktafels sal weer eens ‘n groot verskeidenheid van “spotgoedkoop” items beskikbaar stel. Die spreekwoordelike tafel is gedek en elke sent wat tydens die basaar spandeer word, sal wees ter stywing van HaS se brood-broodnodige fondse waarsonder die tehuis nie op ‘n gesonde vlak bedryf kan word nie. Op die laaste nippertjie-navrae kan aan Francia van Dyk by 028-384-0262 of 082-551-3613 gerig word. Vanjaar se basaar, met die voorafgaande Donderdag as ‘n vakansiedag, word nie soos voorheen op ‘n Saterdag aangebied nie, maar word op Vrydag, 25 September 2015 om 10:00 in die Pretoriussaal geopen. ‘n Uiters belangrike wenk: Wees betyds of wees tevrede om met leë hande huiswaarts te keer - wanneer die predikant amen sê, is sommige besoekers se dra-sakke al volgepak.
Hardus Botha
Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.
View ProfileXplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read More‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...
Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.
‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...
Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...
39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.
Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...