Munisipale Rekeninge Verwarrend

Munisipale Rekeninge Verwarrend

Gansbaai Courant

Skielike verhoogde munisipalerekeninge, in sommige gevalle het rekeninge selfs verdubbel, het die afgelope tyd tot groot verwarring en omgekrapte inwoners gelei. Die 6% verhoging ten opsigte van riool-, krag- en watergebruik, asook ander munisipaledienste, uitgesluit elektrisiteit wat op ‘n glyskaal werk, het op 1 Julie 2015 in werking getree.

Wat egter meer ontstellend was, is die “geskatte” rekeninge in sommige areas wat inwoners onkant gevang het.

Die goeie nuus is dat krediete vir oorbetalings verskaf sal word, maar inwoners wie se rekeninge te min gehef is, sal volgende maand moet opdok. Die 2015/2016 begroting is wel tydens openbare vergaderings bespreek en die publiek moet bedag wees op sodanige kennisgewings, waar die geleentheid gebied word om kommentaar te lewer.

Wat die “geskatte” rekeninge betref, sê Santie Reyneke-Naudé, Direkteur: Finansies van die Overstrand-munisi-paliteit, het hulle op 1 Julie vanjaar nuwe sagteware vir die vaslegging van meterlesings geïmplementeer.

 “Met voorgenoemde implementering was daar in Julie in enkele areas van skattings gebruik gemaak,” het sy gesê. “Die Waterverordeninge soos gepubliseer in die Provinsiale Koerant nr 6683, gedateer 11 Desember 2009, asook die goedgekeurde kliëntediens-, kredietkontrole- en skuldinvorderingsbeleid van die Overstrand-munisipaliteit, laat toe dat indien ‘n lesing nie geneem kan word nie, daar van skattings gebruik gemaak mag word.” Sy het voorts gesê dat gedurende Augustus vanjaar is lesings in alle areas geneem, met die nodige regstellings waar van toepassing, wat op rekeninge gedoen is.

Met verwysing na elektrisiteitstariewe, het Reineke-Naudé verduidelik dat die munisipaliteit elektrisiteitseenhede teen ‘n glyskaal- tariefstruktuur verkoop het, soos goedgekeur deur die Nasionale Elektrisiteitsreguleerder van Suid-Afrika. Die tabel vir die goedgekeurde tariewe vanaf 1 Julie 2015, sien soos volg daaruit:

Wat riooltariewe betref, het sy gesê dat alle riooltariewe met 6% sedert 1 Julie gestyg het. “Die styging in tariewe ten opsigte van alle eiendomme, waar die riooltariewe aan die waterverbruik gekoppel is, se styging sal in verhouding wees met die maandelikse waterverbruik.”

Kennis moet ook geneem word dat daar op huishoudelike tariewe ‘n perk van toepassing is, wat beteken dat inwoners slegs tot en met 70% van die waterverbruik tot en met 50 kiloliter sal betaal. Verbruikers wat van mening is dat hulle rekeninge nie reggestel is nie, óf navraag oor die begrip “geskatte” bedrae wil doen, kan die Overstrandse kantoor by 028-313-8044 skakel, of stuur ‘n e-pos na enquiries@overstrand.gov.za.

Hardus Botha

Munisipale Rekeninge Verwarrend

Hardus Botha

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant