Skelm teer sy pad terug selle toe
‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...
'n Brand wat Maandagaand by Leeubekkiestraat 79 en 81, Blompark, in twee wendyhuise en 'n karavaan gewoed het, het algehele verwoesting gesaai. Paniekbevange bure het alles probeer om die vlamme te blus, maar was onsuksesvol. Abrien Fortuin en haar seuntjie, Anino (8), het in haar karavaan geslaap toe bure haar om 23:00 wakker maak. Vlamme het toe reeds by die wendyhuis se venster langs die karavaan uitgelek. "Jolene George en haar dogtertjie Meagan (5) het vreesbevange binne om hulp geroep. Hulle kon nie die deur self oopkry nie en ek het dit met twee skoppe oopgetrap en hulle na buite gepluk," het Fortuin Dinsdag gesê. Fortuin se karavaan, asook 'n motor het kort daarna begin brand. Dit het ook na die 3-slaapkamer wendyhuis van Martie Jacobs op die perseel langsaan versprei. Nooddienste is gebel maar die brandweer het volgens Fortuin weens 'n misverstand eers sowat 'n uur later opgedaag. Overstrand se nooddienskamer in Hermanus het verstaan dat die brand by Leeubekkiestraat in Hermanus was en nié in Gansbaai nie. Fortuin, 'n onderwyseres by Cool Kids Kleuterskool, het die karavaan drie weke gelede gekoop, asook 'n nuwe yskas en wasmasjien verlede week. Sy het alles in die brand verloor. "Ek is net bly ek kon Jolene en Meagan se lewe red," het sy gelate gesê. Enige bydraes om die slagoffers se nood te verlig kan aan past Frikkie Zeelie geskenk word vir koördinering en verspreiding. Sy selnommer is 082 498 6992.
Francois de Jongh
Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.
View ProfileXplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read More‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...
Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.
‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...
Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...
39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.
Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...