Skelm teer sy pad terug selle toe
‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...
“Wanneer ek soggens my oë oopmaak, dan is ek dankbaar vir nog ‘n dag waarin ek kan werk,” is Chris Basson (90) van Klipfonteyn, waar hy en sy eggenote, Ester woon, se uitgangspunt. “Kom sit sommer hier in my kantoor,” het Chris gesê en na sy bakkie beduie. “My bouwerk is my idee van godsdiens - Vrydae betaal ek my werkers sodat elkeen kos op die tafel kan hê en hulle gesinne en families kan voed en as ek daarmee ophou, is daar minstens 24 mense, met hul afhanklikes, wat nie meer daardie voorreg sal kan geniet nie.” Chris het op 27 Augustus vanjaar die ouderdomskerf van 90 bereik, maar dit lyk asof hy in sy sewentigerjare is. “My verjaardag was werklik vir my ‘n geseënde dag, aangesien al my kinders, klein- en agterkleinkinders hier was en dit was ‘n wonderlike voorreg vir my gewees,” vertel Chris. Hy is sonder twyfel Gansbaai-omgewing (en dalk veel wyer!) se oudste boukontrakteur en is tans met die bou van twee huise gelyktydig besig. “Al wat my gereeld frustreer is die oneindige gewag vir transport-aktes en die finalisering van dokumentasie. Mense soek werk en daar is werk, maar hierdie lang wagperiodes veroorsaak dat hulle nie kan werk nie.” Chris is op 27 Augustus 1925 in Philadelphia gebore, maar het in Kaapstad grootgeword, waar sy pa in die onderwys was. Chris self was vir 40 jaar in die onderwys betrokke, maar het toe reeds deeltyds huise begin bou.
In 1976 tree Chris met Ester (Potgieter) in die huwelik en hy is die trotse oupa en oupagrootjie van 14 kleinkinders en 4 agterkleinkinders. Verlede jaar het Chris sy 51ste huis gebou. "Toe ek in 1943 as onderwyser in die onderwys begin het, het ek £18 en 5 sjielings (± R37) per maand verdien, terwyl ek van Skotland af met £2,030 se studieskuld teruggekeer het," sê Chris. "Dit is toe wat ek begin bou het vir 'n ekstra inkomste wat tot my finansiële redding gelei het."
In absolute kontras met die bouery, asook die onderwys, was Chris vir 14 jaar aan die Labia Opera Teater in Kaapstad as ‘n baritonsanger verbonde en het hy ook tydens verskeie geleenthede hier ter plaatse as baritonsanger opgetree. Van aftrede is daar vir hierdie bedrywige man steeds nie sprake nie.
Chris sê sy lewensfilisofie sluit aan by dit wat Charles Darwin in 1870 geskryf het: “A man who waists one hour of time does not know the value of life!”
Hardus Botha
Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.
View ProfileXplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read More‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...
Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.
‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...
Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...
39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.
Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...