Borskanker Staptog

Borskanker Staptog

Gansbaai Courant

Oktobermaand is Borskankermaand. Die “Reik na Herstel Borskanker Ondersteunings Organisasie” (Reach for Recovery Breast Cancer Support Organisation) is ‘n geregistreerde Internasionale Vrywillige Organisasie (NPO) wie se dienste landswyd gratis beskikbaar is aan enige man/vrou wat met borskanker gediagnoseer word. “Ons samel ons eie fondse in om ons kostes vir literatuur, hulpmiddels en dies meer aan pasiënte te dek,” vertel Annaleen Genade.

“Ons verskaf ook gesubsidieerde prosteses (Ditto Projek) teen ‘n minimale bedrag aan vrouens wat nie aan ‘n mediesefonds behoort nie.” Die Vrywilligers bestaan uit ‘n groep vroue wat self gediagnoseer is met borskanker, chirurgie ondergaan het, behandelings gehad het, herstel het en wat deeglike opleiding ontvang het om pasiënte in die hospitaal of tuis te besoek. ‘n Vrywilliger kan as ‘n rolmodel optree, omdat sy heeltemal normaal en gesond lyk vir iemand wat borskanker gehad het. Die pasiënt kan dus vrymoedig met haar gesels, aangesien sy presies weet hoe dit voel en weet waardeur die pasiënt gaan. Reik na herstel is in 1952 deur Teresa Lasser in die VSA begin. Sy besoek Suid-Afrika in 1967, waarna Reik na Herstel hier begin is.

“Ons plaaslike Vrywilligers reël weer hierdie jaar ‘n Pretstap in Franskraal op Donderdag, 15 Oktober 2015 om 08:00 vir 08:30. Kostes per stapper beloop R15 per persoon. Staproete: Franskraal Rolbalklub, Naudestraat, regs in Robertstraat tot in Kusweg. Draai links om Blousloep, al langs die kuswandelpad tot by Franskraal parkeerarea en terug tot by Naudestraat en regs na die rolbalklub. Tee/koffie, sal na afloop van die staptog aangebied word en daar sal ook weer geluktrekkings wees om pryse te wen. Annaleen bedank graag die volgende donateurs: Corra’s Klerewinkel, Chicken Land, Gansbaai Book Exchange, Gansbaai Superspar, Franskraal Mini Market, Komtessa Klerewinkel, Hair Style Studio, Cee Sport & Surf, Wimpy Gansbaai, Protea Flora Bloemiste, Bon Bon Materiale, asook Franskraal Rolbalklub vir die saal wat beskikbaar gestel is.

Vir navrae kan Annaleen Genade by 028-388-0477 of 072-523-0650 geskakel word, of skakel vir Andriëtte Bruwer by 071-543-0904.

Hardus Botha

Borskanker Staptog

Hardus Botha

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant