GOD sluip rond tussen ons!

GOD sluip rond tussen ons!

Gansbaai Courant

“Dit verseker Ek julle: Vir sovêr julle dit aan een van die geringste van hierdie broers van My gedoen het, het julle dit aan My gedoen.”  (Mat 25:40)

Sal dit nie wonderlik wees as ons ook, soos die dissipels, elke dag naby Jesus kan wees nie! Om te dink dat hierdie twaalf manne vir ’n hele drie jaar persoonlik by Jesus kon leer hoe lyk GOD se koninkryk. Ja, hulle kon sien hoe Hy mense genees en met almal praat en na hulle stories luister, al was die meeste van hulle straatmense, prostitute en bedelaars – die uitgeworpenes van hulle tyd.

Tog wil ek vandag vir jou sê dat GOD vandag nog steeds tussen ons rondloop – amper asof Hy tussen ons rondsluip sodat ons Hom nie maklik kan raaksien nie. Want jy sien, dis eers wanneer jy betrokke raak by mense rondom jou, dat jy GOD begin raaksien. Hy sluip tussen die mense rond!  ’n Gedig van Michel Quoist, ’n priester aan die begin van die vorige eeu, verduidelik dit mooi:

“HERE, waarom het U my beveel om alle mense lief te hê? Ek het probeer, maar ek kom terug na U toe, verskrik...ontnugter..... HERE, dit was so rustig in my eie huis. Alles was gemaklik. Dit was goed gemeubileerd, luuks en ek het so gemaklik gevoel. Veilig in my huis. My skuilplek teen die wind en die reën.

Maar U het HERE ‘n swakplek in my huis gevind, U het my die deur laat oopmaak toe daar 'n klop aan die deur was. Ek het die seer en pyn op die man se gesig gesien, en hom ingenooi. Maar ek het nie gesien hoeveel ander mense agter hom gestaan het nie... hulle was oral, in die straat, in my kantoor, in my kerk, my buurman, my kollega....

Die oomblik toe ek my deur oopmaak, het ‘n klein straaltjie lig het in my huis gekom...U genade het in my geroer...en snaaks genoeg, ek het my deur wyd oopgemaak. Toe kon ek hulle sien, uitgestrekte hande, brandende oë, honger harte – soos bedelaars op ‘n kerk se trappe.

Die eerstes het ingekom, HERE. Hulle het net gesoek na ‘n plekkie in my hart. Ek het hulle verwelkom. Ek wou hulle vertroetel soos my eie lammertjies. U sou só tevrede gewees het, HERE, ek kon U so verheerlik op ‘n waardige manier. Tot daar was alles nog normaal....maar daar was nog,  ek het hulle nie gesien nie, hulle het agter die eerstes geskuil. Hulle het gedruk om in te kom, van oor die hele dorp. Hulle het swaar laste gedra, tasse vol seerkry en skuldgevoelens – O, hulle het verskriklik gelyk! Hulle het die hele wêreld agter hulle aangesleep. Ek moes vir hulle blyplek vind in my huis! Ek kan dit nie meer vat nie, HERE! Dis te veel vir my? Wat van my familie? Wat van my werk? My vrede? My vryheid? Ek het alles verloor! Daar is nie meer plek in my eie huis nie!”

“Moenie bekommer nie,”  sê die HERE, “jy het alles gewen.

Terwyl die mense ingekom het, het Ek saam met hulle ingesluip!”

GOD sluip rond tussen ons!

Ds Deon Kloppers

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant