Melodrama Kleedrepetisie

Melodrama Kleedrepetisie

Gansbaai Courant

Melodrama Kinder Trust het hul kleedrepetiese op Dinsdagaand hierdie week opgevoer. Wat daaruit duidelik geblyk het, is dat die spelers se harde werk en inoefening sedert April vanjaar, beslis goeie vrugte gaan afwerp. Met vele nuwighede, liedjies en optredes is vanjaar se Melodrama in die Pretoriussaal weer eens iets om na uit te sien. Aan talente is daar beslis nie ‘n tekort nie. JP Coetzer, voorsitter van die Melodrama Kinder Trust, het gesê alle items (24 daarvan!) wat opgevoer gaan word, sal nuut wees, terwyl daar ook heelparty “nuwe bloed” as spelers bygekom het. Hierdie vrywilligers wat jaar na jaar hard werk om vir puik opvoerings te sorg, doen dit nie vir eie gewin nie. Alle fondse word vir die onderskeie gemeenskap, hoofsaaklik kinders wat dit nodig het, ge-oormerk. Vanjaar se Melodrama word weer eens in die Pretoriussaal aangebied en kostes vir hierdie grootskaalse poging vir liefdadigheid en 6 maande se harde werk en opoffering, beloop ‘n skrale R40 vir kinders en R50 vir volwassenes. Gisteraand (Woensdag) is kinders van die onderskeie skole, asook bejaardes van Tehuise, met ‘n gratis vertoning bederf. Vanaand Donderdag, 8 Oktober, asook môre-aand, 9 Oktober se vertonings is vir gesinne vanuit die gemeenskap bedoel. Soos gebruiklik sal daar weer op Saterdagaand, 10 Oktober ‘n prestige Gala-aand wees teen R220 per persoon, ingesluit ‘n 3-gang maal wat deur Blue Goose voorberei sal word. Kaartjies vir die Gala-aand kan by JP Coetzer (083-274-9674) bespreek word, of skakel vir Juanita Hage by 071-254-9396. Hierdie goed voorbereide en uitstekende optredes mag nie misgeloop word nie - nie net vir die genot daarvan nie, maar ook om die groep se hande te versterk met die goeie werk wat hulle onder die gemeenskap se kinders verrig.

Hardus Botha

Melodrama Kleedrepetisie

Hardus Botha

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant