MESAANVAL tydens Besigheidsroof

MESAANVAL  tydens Besigheidsroof

Gansbaai Courant

Gerhard Esterhuizen (32) is Donderdagoggend om 11:00 tydens 'n besigheidsroof by Die Hoenerhok, 'n tweedehandse winkel in Barnardstraat, met 'n mes gesteek.

Esterhuizen was agter in die winkel besig met 'n voorraadopname toe hy 'n man en vrou voor in die winkel hoor praat. Hy het 'n blanke man halfpad na die voorkant teëgekom. Die man het gesê: "Ek soek die geld." Esterhuizen het vir hom gesê dat daar geen geld op die perseel is nie. Die man het geantwoord:  "Ek weet hier is geld, ek speel nie."  Esterhuizen het hom toe sy selfoon aangebied, maar het skielik 'n hou bo-op sy linkerbors gevoel. Die aanvaller het weggehardloop en toe Esterhuizen hom volg het hy bewus geword dat sy bors warm en nat gevoel het. Hy het toe eers besef dat hy in die bors en skrams in die maag gesteek is.  Die verdagte was 'n skraal blanke man met 'n blou-oog en stukkende onderlip wat hy moontlik vroeër in 'n vuisgeveg gekry het. Hy het 'n rooi bofbalkep en donkerblou windbrekerbaadjie gedra.

Die polisie onder-soek tans of daar 'n verband is tussen dié voorval en 'n in-braak in September vanjaar by De Kel-ders. 'n Bruinvrou van Stanford is reeds geïdentifiseer en die saak word verder ondersoek.

Volgens Speur-kaptein Danie Rau-tenbach was daar die afgelope maand 'n paar inbrake in De Kelders.

Dit kan baie keer toegeskryf word aan nalatigheid, aangesien vensters of deure oopgelaat word. Hy doen 'n beroep op inwoners om op die uitkyk te wees vir verdagtes en meer veiligheidsbewus te wees.

Esterhuizen is reeds twee keer hierdie jaar in rooftogte betrokke nadat hy ook einde Maart in Hoofweg, De Kelders deur twee rowers in sy woonstel oorval is. Hy het kort daarna na Franskraal verhuis waar hy twee dae later weer onder inbrekers deurgeloop het toe daar by sy huis ingebreek is en waardevolle artikels gesteel is.

Francois de Jongh

MESAANVAL  tydens Besigheidsroof

Hardus Botha

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant