Skelm teer sy pad terug selle toe
‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...
“The Department of Economic Development and Tourism is pleased to confirm your registration as a Tourist Guide. Your Tourist Guide Registration numbert is WC 9058,” lui die inleidende sin van die Departement Ekonomiese Ontwikkeling en Toerisme se brief wat aan Ally Msweli van Gansbaai Toerisme gerig is. Glenda Kitley, Bestuurder: Gansbaai Toerisme, het op Dinsdag, 13 Oktober 2015 Ally se amptelike aanstellingsbrief, lapelwapen en identifikasiekaart aan hom oorhandig. Hy was dit nie te wagte nie en was oorstelp van vreugde. Ally is maar so onlangs as Maart vanjaar as ‘n “intern” in die toerismekantoor aangestel, maar het reeds bewys dat die passie in sy lewe in toerisme en as toergids gesetel is. Reeds met sy aanstelling het Ally gesê deel van sy toekomsvisie is om homself as ‘n toergids te bekwaam - wat hy nou binne die bestek van sowat 7 maande reggekry het. Hy werk in die toerismekantoor, maar sy hoofverantwoordelikheid is om as toergids vir Masakhane-toere op te tree, wat onlangs ook na die Duiwelsgat Staproete uitgebrei het. “Ek sien Ally as ‘n ware ambassadeur vir Gansbaai en hy is altyd gretig om meer te leer en meer te doen,” het Glenda tydens ‘n vorige onderhoud gesê.
Tuinbou Kompetisie
Die jaarlikse Tuinboukompetisie, ‘n projek van Gansbaai Toerisme, is weer op hande. Katrina Adams neem die leiding en dit sal vanjaar die 3de kompetisie in Blompark wees wat geloods word. Tot op datum is daar reeds 30 tuineienaars in Blompark wat ingeskryf het - die meeste nóg. In Masakhane is daar 10 ingeskrewe tuine vir hierdie gewilde jaarlikse kompetisie. “Nog inskrywings vanuit alle gemeenskappe is steeds welkom,” sê Katrina.
Die beoordeling sal gedurende die week van 23 November 2015 plaasvind. Navrae in hierdie verband kan aan Glenda Kitley by 028-384-1439 gerig word.
Hardus Botha
Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.
View ProfileXplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read More‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...
Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.
‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...
Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...
39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.
Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...