Skelm teer sy pad terug selle toe
‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...
Die Bestuur nooi alle besigheidsmense uit na 'n vergadering waar hulle onder andere aan die volgende aandag sal gee.
• Terugvoer van die PACA proses
• Stigting van ‘n Juniorkamer – Daar is baie van ons jonger personeel wat nooit na die Sakekamervergaderings kom nie, maar ook die behoefte het om kennis uit te ruil en met ander jongmense te gesels oor probleme, vooruitsigte, ambisies, ens.
• Opdeel van die Sakekamer in verskillende kamers. Hierdeur kom sakemense met dieselfde belange bymekaar soos en wanneer hulle besluit om sake wat hulle beroep of besigheid raak, te bespreek. Bv. Handel en Nywerheid, Bouers, Dokters en Aptekers, Boere, Onderwys en Opleiding, Toerisme, Sekuriteit, Professionelekamer (argitekte, ingenieurs), Gastehuise, Vissers, ens.
Die sameroepers van die kamers dien dan op die bestuur van die Sakekamer waar hulle inligting of behoeftes op die Sakekamerbestuursvergadering voorlê wat dan weer op die 2 maandelikse ledevergadering aan lede oorgedra kan word.
• Aanspreek van misdaad in die sakesentrum.
• Aanbieding deur Productivty SA - ‘n Projek van die Dept Handel en Nywerheid om produktiwiteit onder werkers te verbeter. Hulle sal vroeg volgende jaar ‘n 2 dag werkswinkel kom aanbied waarna almal wat gaan deelneem, dan nadat die kursus voltooi is, ‘n sertifikaat ontvang. Die koste vir Sakekamerlede is GRATIS.
• ‘n Aanbieding deur Charmain Beukes oor die suksesvolle Mini Indaba wat in Hermanus gehou is tot voordeel van die toerisme sowel as sakegeleenthede vir plaaslike besighede.
Bespreek asb u plek by die Sakekamerkantoor by 028 384 1439 of enige van die bestuurslede. Verversings sal na die vergadering aangebied word, waartydens lede met mekaar kan gesels en sodoende bande smee tot voordeel van almal in Gansbaai. Koste is R40pp. Tyd 18:00.
Kom gerus en help ons om Gansbaai ‘n dorp van uitnemendheid te maak. Bring u personeel saam, veral die juniors wat die intrepeneurs van more is.
Kobus van Staden, Voorsitter, Sel: 082 492 2480
Epos: kobus@gansbaaibusinesschamber.co.za
Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.
View ProfileXplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read More‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...
Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.
‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...
Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...
39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.
Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...