Skelm teer sy pad terug selle toe
‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...
Die linkerarm van Riaan van Vuuren (26) is op Vrydag, 9 Oktober 2015 tydens ‘n fratsongeluk by Dyer Eiland Visserye in Gansbaai hawe letterlik uit sy elmboog “uitgeruk”, met sy skouer wat ook uit lid geruk is.
“Die bloedvate was sodanig beskadig dat die arm nie weer geheg kon word nie,” het die geneesheer by Hermanus Medi-Clinic gesê, waarna hy Riaan se troupand van die vinger verwyder het en aan sy eggenote, Andrea oorhandig het. “Ek moes in ‘n breukdeel van ‘n sekonde besluit dit is óf my arm óf ekself, waarna ek my arm met geweld uitgeruk het,” vertel Riaan.Riaan Buys en Chantelle Colyn van Overstrand Medical response is ontbied. “Met ons aankoms is gevind dat die pasiënt se linkerarm afgesny is en ons het hom gestabiliseer en die bloeding gestop,” vertel Riaan. “Daarna het ons hom na dr Christo Barnard se spreekkamers geneem vir ‘n inspuiting teen die geweldige pyn.” Hulle is weer terug na Dyer Eiland Visserye om Riaan se arm te kry, maar die arm kon nog nie uit die masjien uitgekry word nie en hulle is sonder die arm na Hermanus Medi-Clinic. “Sy arm het sowat 10 minute ná die ambulans daar aangekom, maar die bloedvate was sodanig beskadig dat die arm nie weer geheg kon word nie,” het Riaan gesê. Bertie Ramsauer het in ‘n onderhoud met Gansbaai Courant gesê: “Dit was ‘n tragiese fratsongeluk, maar Riaan sal steeds in diens van die firma bly en ook bygestaan word. As deel van sy opleidingsproses sal hy mettertyd ook in die koelkamers opgelei word en ook, op die firma se kostes, as ‘n gekwalifiseerde elektrisiën opgelei word.” Bertie het verduidelik dat Riaan voor die ongeluk met ‘n hyser met ‘n mandjie na die bokant van die groot ysmasjien gelig is om herstelwerk aan een van die “yswurm” se veiligheidspenne te verrig. Die “yswurm” kan beskryf word as ‘n tonnel waardeur die ys opgestoot en fyngemaal word. Bertie het gesê dat Riaan feitlik klaar was met die insit van die veiligheidspen, toe sy kollega aan die onderkant van die ysmasjien die swart werknemer opdrag gee om die hyser aan te skakel. Die opdrag is verkeerdelik vertolk en die ysmasjien is aangeskakel, en nie die hyser nie, met Riaan se arm nog binne. Riaan is vir die afgelope jaar ‘n werknemer van Dyer Eiland Visserye. Hy is met Andrea getroud en die egpaar het ‘n seuntjie van 1 jaar en 4 maande. Riaan is intussen uit die hospitaal ontslaan, en kan reeds rondbeweeg. “Die aanvanklike pyne was ‘n ruk weg, maar duik nou weer sporadies op en ek besoek die dokter gereeld en is steeds soms onder verdowing,” het Riaan gesê. Hy is met 3 maande siekverlof afgeboek.
Hardus Botha
Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.
View ProfileXplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read More‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...
Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.
‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...
Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...
39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.
Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...