Skelm teer sy pad terug selle toe
‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...
AfriForum het op Vrydagaand, 2 Oktober 2015 ‘n Nasionale Massaptrollie landswyd gehou, waaraan sowat 100 Buurtwagte landswyd in samewerking met AfriForum deelgeneem het. “Overstrand AfriForum het ook aan hierdie inisiatief deelgeneem,” vertel Elmarie van Dalen, Voorsitter: AfriForum Overstrand. “Ons massapatrolie het gesamentlik met SAPD, Wetstoepassing, ADT Sekuriteit en Buurtwagte van Fisherhaven, Vermont/Onrus, Sandbaai en Paradise Park opgetree.” Sy sê daar is ook Voertuigbeheerpunte (VBP's) voor Fisherhaven, by Vermont en voor Hemel en Aarde Vallei gehou. Die SAPD en Verkeer-/Wetstoepassing het ook sigbaarheidspatrollies in Zwelishle en Mount Pleasant gehou. Genoemde aksies vorm deel van AfriForum se landswye 10 dae van Selfstandigheidsveldtog, waartydens takke landswyd optredes aanpak om die infrastruktuur te help herstel en in dorpe te verbeter waar die plaaslike regerings gefaal het om hul verantwoordelikhede na te kom. “Daar is sowat 180 aksies van Afriforum wat insluit die vervanging van waterpompe, die herstel van rioolwerke, die skoonmaak van begraafplase en vullisterreine, asook die herstel van straatligte en slaggate,” sê Elmarie. “Ons is bevoorreg in die Overstrand om ‘n munisipaliteit te hê wat hul bes probeer om die infrastruktuur deeglik instand te hou en derhalwe is sodanige optredes nie in die Overstrand nodig nie.” Belangstellendes wat by Overstrand AfriForum wil aansluit, kan net jou naam na 45265 sms, waarna jy gekontak sal word.
Vir AfriForum navrae kan Elmarie van Dalen by 079-366-1000 gekontak word.
Hardus Botha
Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.
View ProfileXplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read More‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...
Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.
‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...
Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...
39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.
Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...