Strukturele foute – Masakhane skool

Strukturele foute – Masakhane skool

Gansbaai Courant

Tydens ‘n persoonlike besoek deur die Minister van Vervoer en Openbare Werke, mnr Donald Grant aan Gansbaai op Maandag, 26 Oktober 2015, was om die nuwe skool in Masakhane wat in aanbou is, te besoek. Die primêre rede vir hierdie besoek was om, tesame met tegniese personeel, asook die argitek, ondersoek in te stel na etlike strukturele probleme wat gerapporteer is. ‘n Onaf-hanklike ondersoek deur deskundiges het  bevind dat daar etlike probleme met die tegniese ontwerp van die gebou is wat ‘n veiligheidsrisiko in die toekoms kan wees.  Die minister is vergesel deur die DA Provinsiale Parlementslid, mnr Masizole Mnqasela, Raadslid Riana de Coning en mnr Kat Myburgh, Areabestuurder van die Overstrandse Munisipaliteit se Gansbaai Administrasie, asook ander belanghebbendes en gemeenskapsleiers.

In die ondersoekverslag is onder andere kommer uitgespreek oor die strukture wat die rekenaarsentrum, enorme skoolsaal, ablusieblokke en Graad R klasse insluit. Hierdie geboue het almal ‘n betonblad as dakstruktuur en krake in sommige van die geboue was ‘n duidelike aanduiding dat iets skort. Dit was duidelik dat die probleem nie aan die gehalte van die bouwerk óf materiaal te wyte is nie en derhalwe kan remediërende stappe geneem word om die strukture te versterk. Die implikasie hiervan is dat die voltooiing van die projek met minstens 6 maande verleng is. Die argitek van die Masakhane-laerskoolprojek, mnr Liam Thiel, het met stawende dokumentasie die strukturele probleme, oorsake daarvan en wat daaromtrent gedoen gaan word, breedvoerig aan die minister en teenwoordigers verduidelik. Daarna is die groep na die probleem-areas geneem, waar die strukturele probleme aan hulle uitgewys is. “Dit is egter prysenswaardig dat die probleme betyds gerapporteer is en dat regstellende aksies summier geneem is, asook dat belanghebbende partye ten volle op hoogte van sake gehou is,” het rdl De Coning gesê. “Indien daar gelet word op die pragtige en uiters moderne ontwerp van die skool, is die 6 maande vertraging ‘n klein prys om te betaal vir die uitstekende fasiliteite wat aangewend sal kan word.” Op sy beurt het mnr Myburgh dit ook beklemtoon dat die skool absuluut en sonder twyfel ‘n moderne skool is en ‘n groot aanwins vir die gemeenskap is. “Die uitstel met die finalisering van die geboue met sowat 6 maande of selfs langer, kan nie vergelyk word met die waarde daarvan, óf met die veiligheid van die kinders nie,” het mnr Myburgh gesê. “Daarop doen ek ‘n beroep op die ouers, die gemeenskap en beheerrade om geduldig te wees - dit sal die langer wag die moeite werd maak.” ‘n Verdere positiewe gedagte is die feit dat die Wes-Kaapse regering in geen opsig die probleme geïgnoreer het of enigsins probeer verdoesel nie, terwyl die gemeenskap ook op hoogte van sake gehou is, met 'n  duidelike boodskap: die belange en veiligheid van die leerders word vooropgestel.

Hardus Botha

Strukturele foute – Masakhane skool

Hardus Botha

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant