Rangeerwerf vir Perlemoenbaai

Rangeerwerf vir Perlemoenbaai

Gansbaai Courant

Nou nie in die letter van die woord nie, maar wel op skaal in ‘n dubbelmotorhuis. “Ons het sowat ‘n jaar gelede na ‘n huis in Perlemoenbaai gesoek om te koop, maar die primêre vereiste was ‘n ideale dubbelmotorhuis waarin ek my droom kon verwesentlik,” vertel Johan Pentz (60) van Perlemoenbaai. Johan versamel al sedert sy hoërskooldae treine, ‘n liefde wat hy by sy pa aangeleer het. “Oor al die jare heen het ek net treine, lokomotiewe en waens, versamel, maar kon nooit daarby uitkom om ‘n behoorlike uitleg daarvoor te bou nie,” sê Johan. “Nou beskou ek dit as my ‘aftreeprojek’ om my droom te verwesentlik.” Johan en sy eggenote, Anfra, het op 1 Oktober 2014 na Perlemoenbaai verhuis. Die egpaar was vir 14 jaar in Malmesbury en daarna vir 17 jaar in die Paarl en Johan het as Uitvoerende Finansiële Beampte by Tiger Brands, ‘n Voedselmaatskappy, op 31 Oktober 2013 afgetree. Hy het reeds sowat 20 lokomotiewe, stoom en diesel, met ±200 waens. Hy fokus net op Suid-Afrikaanse treine, asook Union Pacific lokomotiewe en waens wat hy uit Amerika aankoop. Sy oudste lokomotief is sowat 60 jaar oud wat hy by sy pa geêrf het. Soms koop hy modelle by Plumstead se treinwinkel, andersins via die internet. Die uitleg wat Johan in ‘n U-vorm self van hout gebou het, beslaan die volle dubbelmotorhuis. Aan die regterkant is die volledige stasie, rangeerwerf met sinjale, werkswinkels, kantore en selfs miniatuur-motortjies van werkers wat netjies geparkeer staan. Hierdie fase het hom sowat 12 maande besig gehou. Fase 2 is berge, riviere, bruê, tonnels en plase aan die linkerkant, waarmee hy reeds begin het. Fase 3 sal die middelste gedeelte (by die U-draai) wees waar hy ‘n “volwaardige” dorpsgebied gaan uitlê. Die volledige treinspore is alreeds uitgelê, so ewe met “swart-ysterklip” langsaan, net soos by regte treinspore. Sy spogtrein, die Union Pacific, ry reeds die volle lengte van die uitleg - kompleet met brandende ligte voor aan die lokomotief en met waens wat binne-in verlig is. Johan het ook reeds die Trans Karoo en die Bloutrein. Hy het ook ‘n oorspronklike stoomlokomotief van blik by Dassiesfontein gekoop, wat hy daarna presies volgens skaal gebou het vir sy uitleg. Nou-ja, hoe ouer die manne, hoe duurder is hulle speelgoed.

Hardus Botha

Rangeerwerf vir Perlemoenbaai

Hardus Botha

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant