Skelm teer sy pad terug selle toe
‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...
‘n 77-jarige inwoner van Roelandstraat in Franskraal, Mesbeth Henry McGregor, bekend as Mac, is minstens 3+ weke gelede in sy toegesluite woning oorlede voordat sy liggaam daar gevind is. Op Maandag, 9 November is Gansbaai SAPD in kennis gestel dat onraad vermoed word, aangesien brommers en vlieë teen die vensters opgemerk is. Sp.Sers Leon Crafford is na die woning, waarna hy ‘n venster aan die voorkant uitgebreek het. Binne is die erg ontbinde liggaam van Mac gevind.
Mac was die oom van Rita Neethling van Kaapstad en sy sê dat sy haar oom weekliks geskakel het om te hoor hoe dit gaan. Tydens ‘n vorige oproep het hy gesê hy gaan vir ‘n ruk weg. Na ‘n tyd het sy weer geskakel, maar aanvaar dat hy steeds weg is. Na nog oproepe het sy bekommerd begin raak, aangesien ander familielede ook geen kontak met hom kon maak nie.
Sylvie Agenbach van Franskraal, ‘n 10 jaar lange kennis van Mac, het self ook bekommerd geraak. Rita en haar eggenoot, Johan het van Kaapstad af gekom, waarna Gansbaai SAPD gekontak is en die gru-fonds ontdek is. Rita beskryf haar oom as ‘n uiters private mens wat byna soos ‘n kluisenaar gelewe het. Sy seun is etlike jare gelede oorlede en sy dogter woon oorsee. “Oom Mac was ‘n hoogs intelligente persoon met ‘n buitengewone kennis van rekenaars, asook ‘n begaafde kunstenaar met die skilder van skilderye,” het Rita gesê. “Tot en met sy aftrede was hy ‘n Elektriese Ingenieur en was meer as 20 jaar ‘n inwoner van Franskraal.” Sy het gesê Mac het wel bloeddrukprobleme gehad, maar het medikasie daarvoor gebruik. “Hy het ‘n sterk persoonlikheid gehad, maar het terselfdertyd respek by mense afgedwing.”
Sylvie vertel dat sy Mac deurgaans as ‘n ware ‘gentleman’ met egte skotse waardes ervaar het. Mac het ook al haar CD’s en DVD’s vir haar dansprojekte geskryf. “Mac het ook ‘n pragtige skildery, Die Laaste Avondmaal, vir my geskilder.”
Sp.Sers Crafford het gesê ‘n geregtelike doodsondersoek is aan die gang, maar daar word op die outopsie-verslag gewag. “Geen gemene spel, tekens van ‘n inbraak of tekens van ‘n onnatuurlike dood kon gevind word nie,” het hy gesê.
Hardus Botha
Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.
View ProfileXplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read More‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...
Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.
‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...
Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...
39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.
Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...