Uitreik- en Plaasbediening

Uitreik- en Plaasbediening

Gansbaai Courant

Die NGK se Uitreik Kommissie, onder leiding van Johan Hulme, het onlangs hul gesellige jaarafsluiting met ‘n bring-en-braai gehou. Die groep is dankbaar vir vele seën oor hul werk gedurende die afgelope jaar en kon gesellig saamverkeer na ‘n besige jaar. Terselfdertyd het ‘n afdeling van die Uitreik Kommissie, Plaasbesiening onder leiding van Johan van Wyk, inligting oor hul werksaamhede verskaf. “Sedert plaasbediening bietjie meer as 10 jaar gelede begin het, is dit nou so gevestig dat die lede van die bedieningsgroep nie meer na plase gaan nie, maar dat die dienste nou in Baardskeerdersbos se Gemeenskapsaal plaasvind, wat met dank van ons af deur B’Bos se wykskerkraad geborg word, asook vir hul ondersteuning sedert 2014,” sê Johan. “Sommige plaasmense van nabygeleë plase en B’Bos self, stap sommer, terwyl andere deur boere daar afgelaai word, aangesien die dienstye ooreenstem met B’Bos se kerk.” Hy sê plaasdienste word om die beurt deur lede van die groep gehou. “Oom Jan en Alta Naudé, wat 'n reuse aandeel in die ontwikkeling van die bediening het, het na al die jare se getroue diens, bietjie teruggetree, maar is steeds baie betrokke, maar die Here voorsien en ons is dankbaar vir Johan en Annette Carstens wat vanjaar bygekom het.” Die kerkraad se betrokkenheid het die volgende tot gevolg: Pinksterdienste deur besoekende leraars; 10 Oktober 2015 se basaar wat R3,700 geïn het; Nagmaaldienste; Doop, huweliksbevestigings en kategese; Kinders wat saam met B’Bos kategese onthaal is; Betekenisvolle jaarafsluitings.

Mense wat op enige manier betrokke wil raak, is baie welkom om Johan van Wyk by 028-381-9392 of 079-317-1227 te kontak. 

Hardus Botha

Uitreik- en Plaasbediening

Hardus Botha

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant