Polisie hol winkeldief in

 Polisie hol winkeldief in

Gansbaai Courant

'n Winkeldief het sy rieme verlede Woensdag by Built It styfgeloop toe 'n winkelassistent, André Blomerus, hom herken het nadat die bestuur hulle vroeër teen die dief gewaarsku het. "Ek het die man die winkel sien verlaat en hom genader. Hy het egter weggehardloop en ek het hom agternagesit. Hy is 'n baie lang man en terwyl ek hom gejaag het, het 'n skraal polisieman skielik by my verby gehardloop. Die dief is gevang en teen 'n polisiemotor vasgedruk en gearresteer.

Ek was verbaas oor Lt Africa se spoed en dankbaar dat hy op die regte tyd op die regte plek was. Die verdagte, Bernardus (Nardie) Groenewald (46) is gevisenteer en die gesteelde artikels wat hy onder sy hemp en belt ingedruk het is gevind. Hy het ook na bewering vloeibare tik by hom gehad wat binneaars toegedien word. Groenewald is ook die vorige week met vermoedelik tik betrap en was Woensdag uit op borgvoorwaardes. Hy was na bewering voorheen 'n speurder in die Paarl en het verskeie vorige veroordelings vir diefstal, huisbraak en dwelms.

Francois de Jongh

 Polisie hol winkeldief in

Francois de Jongh

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant