Skelm teer sy pad terug selle toe
‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...
Die Afrika Media Leiers Forum waarby 600 afgevaardigdes uit 45 Afrika lande en omliggende eilande betrokke was, is verlede week in Johannesburg aangebied. Dit was die sewende beraad en is byeengeroep deur die African Media Initiative (AMI) van Nairobi in Kenia. Die volgende beraad is in November 2016 in Abidjan aan die Ivoorkus. Die beraad het dit ondermeer ten doel gehad om 'n aksieplan vir mediaontwikkeling op die kontinent te beraam asook om geleenthede wat ontstaan uit die digitale tegnologiese ontwikkeling te ondersoek.
Tydens die beraad het die Besturende Direkteur van die Vereniging van Onafhanklike Uitgewers (AIP) in Suid-Afrika, me Louise Vale, 'n voorlegging gemaak oor die belangrike rol wat die vereniging speel. Sy het daarop gewys dat die vereniging 210 onafhanklike gemeenskaps-koerante, wat deur privaat-eienaarskap bedryf word en nie deel is van 'n kooperatief soos Media24 nie, as lede het. Hiervan is 70% in besit van swart eienaars en 20% vroue. Dié uitgawes bereik maandeliks 20 miljoen + lesers.
Hierdie publikasies is gesamentlike groter as Media24 en al die ander korporatiewe koerante saam. Gansbaai Courant is reeds lid vanaf die aanvang van die AIP.
Die besprekings was op 'n baie hoë vlak en waardevolle insigte is gebied op 'n kontinent met vele verskille asook ooreenkomste.
Francois de Jongh, eienaar en uitgewer van Gansbaai Courant het dié beraad op uitnodiging as 'n Suid-Afrikaanse afgevaardigde bygewoon.
Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.
View ProfileXplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read More‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...
Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.
‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...
Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...
39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.
Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...