Skelm teer sy pad terug selle toe
‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...
Die huis in De Villiersstraat, De Kelders, bekend as Kloeks@Home van Henk en Kloeks van Zyl, het op Woensdag verlede week, 18 November begin brand. Op verskeie foto’s kan duidelik gesien word dat die brand in die boonste houtverdieping ontstaan het, wat kort daarna na die onderste gedeelte van die huis ingetuimel het.
“Die brand het by ‘n kragpunt in die boonste verdieping begin,” het Henk gesê. “Die venters was aan weerskante oop en met die sterk wind het die rook so vinnig na ‘n kant toe gewaai, dat ons eers ‘n rukkie later besef het die boonste verdieping brand.” Henk en Kloeks, asook hulle seuntjie was in die onderste gedeelte tydens die ontstaan van die brand, maar is ongedeerd.
Terwyl die brand in die boonste verdieping gewoed het, het ‘n paar Inspekteurs van Seevisserye, wat daar verbygery het, spontaan uitgespring en gasbottels na buite aangedra. Hulle vinnige optrede het beslis daartoe bygedra dat moontlike erge ontploffings voorkom is. Gansbaai Brandweer was op die toneel en selfs lede wat van diens af moes gaan, het hul brandbeskermingsklere aangetrek en ook op die toneel opgedaag.
Hardus Botha
Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.
View ProfileXplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read More‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...
Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.
‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...
Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...
39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.
Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...