Skelm teer sy pad terug selle toe
‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...
'n Taakspan van polisiebeamptes vanoor die hele skiereiland het die afgelope tyd afgedeelde diens in 'n teenstropery operasie gedoen. Hulle het in 'n gastehuis in Gansbaai gebly en op Dinsdagaand, 1 Desember, het 'n inbreker toegang verkry tot 'n slaapkamer. Die halfoop venster is verder oop geforseer en 'n 9mm dienspistool, wat langs 'n slapende polisiebeampte op die bed was, asook 'n selfoon op die bedkassie is gesteel. Inligting van 'n moontlike verdagte wat die gesteelde vuurwapen hanteer het, is opgevolg. Dit het gelei tot die vind van 'n selfoon video-opname wat getoon het hoe 'n vuurwapen opgegrawe word. Danksy uitstekende werk deur A/O Jackie Hildebrandt en haar skoflede, asook die ondersoekbeampte, A/O Michael Vermeulen, is die vuurwapen en selfoon teruggevind. Twee verdagtes, Kreesan Dudley (21) en sy broer Gaby van Wyk (31) is gearresteer. Die saak teen van Wyk is in die hof deur die staat hangende verdere ondersoek teruggetrek. 'n Derde verdagte, Sheehan Tobias (24) word tans gesoek.
Francois de Jongh
Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.
View ProfileXplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read More‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...
Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.
‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...
Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...
39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.
Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...