Afskeidsgroet

Afskeidsgroet

Gansbaai Courant

Twee bekende inwoners van Gansbaai, Pieter en Ans Scholtz,  het besluit om anker te lig en baie vroeg in die nuwe jaar elders te gaan vestig. Tydens my gesprek met hulle, het hulle die volgende gesê: “Ek en Ans het besluit om te verhuis, terug na waar ons wortels lê. Ons is albei bosveld mense en wil graag ons laaste fase nl. aftrede, daar deurbring.   Ek het aan die begin van 1995 hierheen verhuis, dus bykans 21 jaar gelede. Ans het gedurende 2005 by my aangesluit.

Sedert 1997 was ek, en later Ans,  by gemeenskapsprojekte betrokke en sedert 2000 as raadslid en Uitvoerende Onder Burgemeester. Alhoewel ek die politieke terrein verlaat het, het ek steeds betrokke gebly by my passie, nl. die Gedenkboek vir Gansbaai wat voltooi is en wat tans geredigeer word en persgereed gemaak word. 

Ons het wonderlike vriende gemaak, beide in die politiek waarby ons vir 15 jaar betrokke was, asook privaat. Aan hulle wil ons baie dankie sê vir omgee vriende, vriende wat ook ‘n verskil in ons lewens gemaak het. Ons sal kontak hou.

Ook ‘n spesiale groet en dankie aan verskeie instansies en besighede waar ons altyd uitstekende diens en vriendelikheid ontvang het.

Aan oud kollegas, baie dankie vir julle aandeel om Gansbaai ‘n lekker plek te maak om in te woon.

Ek sonder graag meneer Kat Myburgh uit met wie ek vir 14 jaar, baie lekker kon saamwerk. Ons kon laagte- en hoogtepunte met mekaar deel.  Hy is ‘n Areabestuurder duisend!

Dankie ook aan die personeel van die Munisipaliteit wat ons altyd hoflik behandel het en wat sorg dat die inwoners in ‘n netjiese omgewing kan woon.

Hartlike dank vir die lojale ondersteuning wat ons van die Courant en sy redakteur ontvang het. Dankie vir julle gebalanseerde berriggewing oor die jare. Sonder julle sou Gansbaai armer wees.

Laastens, dankie aan die komiteelede, samestellers, skrywers, skenkers, leners en bestellers van die Gansbaai Gedenkboek vir julle volgehoue steun en geloof in die boek. Julle verdien die lof van die nageslag.

 Ons sal met heimweë aan Gansbaai terugdink maar sien terselfdertyd uit na ‘n nuwe uitdaging.  Wees gegroet”.

Afskeidsgroet

Hardus Botha

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant