Skelm teer sy pad terug selle toe
‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...
Twee beamptes van die Departement van Bosbou en Visserye word beskou as helde nadat hulle 'n vermiste vrou met haar familie herenig het.
Danksy beamptes Irvin Papier en Christine "Alex" Alexander, is die 34-jarige Gloria Willemse, wat 'n week gelede in Eersterivier vermis geraak het, veilig terug by haar niggie, Elizabeth Hollander in Mount Pleasant.
Papier en Alexander het 'n baie deurmekaar Gloria verlede Donderdag tydens patrollie naby Die Damme teëgekom. Volgens Alexander het sy die vrou reeds twee dae vroeër opgemerk waar sy in versengende hitte slegs geklee in 'n damesbroekie rondgedwaal het. "Sy was deurmekaar en het aangedui dat sy op 'n plaas bly. Ons het toe vir haar kos gegee en bedek." Verlede Donderdag toe hulle haar weer daar aantref is sy na 'n plaaslike sosiale werkster geneem. "Ek was bekommerd oor wat met haar kan gebeur aangesien daar 'n klomp vreemde karakters en stropers op daardie pad beweeg," het Papier gesê. Nadat Gloria haar woonadres in Heilbron in die Vrystaat aan hulle verskaf het, het hul die SAPD in Heilbron geskakel.
'n Familielid aldaar het toe die telefoonnommer van Gloria se niggie, Elizabeth Hollander (40) in Mount Pleasant verskaf. Hollander was baie verlig en dankbaar. Volgens Gloria se ma, Leah Saaimans (67) was sy en haar dogter op besoek by familie in Eersterivier toe sy vermis geraak het. Nadat sy vir Gloria as vermis aangegee het, het sy na Mount Pleasant gegaan. "Ek het die hele tyd gebid dat die Here goeie mense oor haar pad sal bring en nie mense wat haal sal verkrag en vermoor nie," het Leah gesê. Gloria is verstandelik gestremd na 'n ernstige motorongeluk in 2002 en kan nie veel onthou van haar ervaring nie. Sy het egter wel gesê sy was op pad na Heilbron omdat sy haar dogter en kleinseun baie gemis het.
Francois de Jongh
Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.
View ProfileXplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read More‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...
Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.
‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...
Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...
39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.
Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...