Skelm teer sy pad terug selle toe
‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...
“Ons het ‘n afsluitingsfunksie vir ons waardevolle Tuisversorgers op 27 November gereël wat baie gesellig afgeloop het,” vertel suster Ena Geldenhuys, Ikamva se Tuisversorgings-koördineerder. “Hierdie groep mense lewer ‘n onontbeerlike diens aan die gemeenskap en dit is ‘n voorreg om een dag per jaar iets spesiaals vir hulle te doen.” Ena rig graag die volgende bedankings waarsonder die funksie nie moontlik sou gewees het nie: Gansbaai Superspar (100 worsrolletjies), mnr Kat Myburgh (beskikbaarstelling van getypoel fasiliteite), Gansbaai OK Foods (sakkie aartappels), Sea View (12 x 1.5ltr koeldrank) en Gansbaai Courant (gereelde beriggewing). Werkswinkels vir die Tuisversorgers is ook in die verlede gereël. “Dit is baie belangrik dat ons gemeenskaps-gesondheidwerkers goed opgelei is in alle aspekte van die werk, daarom word daar op gereelde basis opleiding deur buite instansies aan hulle verskaf,” sê Ena. “Vir ons is dit baie belangrik dat etiek in die werkplek goed verstaan moet word om Ikamva en tuisversorging se naam hoog te hou as ‘n professionele diens.” Ikamva vir Jeugontwikkeling, ‘n Rekenaarsentrum, Naskoolse aktiwiteite en veel meer het vanjaar hul 10de verjaardag gevier, met Jolande Sauls as Bestuurder. “Gedurende 2005 het die Overstrandse- en Distriksmunisipaliteite ‘n toer geborg om verskillende behoeftes vir die jeug in ons gemeenskap te bepaal, aangesien die Departement van Maatskaplike Ontwikkeling, asook Gansbaai Kliniek die gebied as ‘n hoë risiko-area geïdentifiseer het,” vertel Jolande. “Agt van Blompark se dames wat die toer meegemaak het, se optrede het daartoe gelei het dat Ikamva gestig is.” In Xhosa beteken die woord Ikamva “die toekoms”, en dit was juis hulle doel om ‘n toekoms vir die jeug te verseker. Ikamva het van ‘n nederige begin, waar net die jeug van Blompark bedien is, intussen na die jeug van Beverley Hills, Masakhane, Gansbaai, Stanford, Pearly Beach en Buffeljachts uitgebrei. Die hoofdoel van Ikamva se verskillende programme is om perlemoensmokkel, dwelm- en alkoholverslawing, tienerswangerskappe en ander misdade onder die jeug te beveg. Vir navrae kan Jolande Sauls by 072-453-8065 gekontak word.
Hardus Botha
Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.
View ProfileXplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read More‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...
Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.
‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...
Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...
39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.
Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...