Geniet die GROOT dae!

Geniet die GROOT dae!

Gansbaai Courant

Die vakansieseisoen is goed op dreef en die hengelaars onder hulle het seker al voete gaan natmaak en probeer vir ‘n vissie. Die afgelope week of wat was nie baie belowend nie en die vis het maar sleg gebyt  --  veral wat die bootmanne betref. Daar is tog van die boothengelaars wat na baie gesoek ‘n vissie of wat opgespoor het. Ek dink die rede vir hierdie toedrag van sake is omdat die weer nie regtig rigting gekry het nie en gedurig aan die draai was. Wat dinge kan omkeer is indien ons ‘n wind kry wat sy koers hou en die water dan in “die regte stemming” plaas. Die rigting daarvan sal bepaal watter vis ons moet teiken. Ook die temperatuur van die water is baie belangrik. Koue water is ‘n groot probleem terwyl té warm water sy eie probleme het. Kan nogal gekompliseerd raak.

Daar is darem kreef ook. Dis nou vir die bittereinders wat, ondanks die beperkinge en ander “uitdagings”, steeds volhard. Daar is van hulle wat met ‘n paar krewe kon spog en sekerlik die kans sal gebruik om tong uit te steek vir ander wat nie kans gesien het om die enkele dae wat wel geskik is vir kreefvangs te benut nie. Dit bly ‘n ope vraag of dit wel die moeite werd is.

Die feit dat daar weer ‘n boot omgeslaan het benadruk die feit dat veiligheid te alle tye op die prioriteitslys behoort te wees. Dit is juis indien die weer nie saamspeel nie, dat jy in jou pasoppens moet wees. Kom ons kyk liewer na die positiewe.

Daar is mos nie ‘n aangenamer tyd as dié op see deurgebring nie en as dit saamgaan met die vang van ‘n vissie, wat meer wil jy hê! Moet net nie onnodig kanse waag nie. Hengeltyd kan een van die mees genotvolle en saambindende faktore wees wanneer die familie betrek word, dis veral wanneer die langstokke uitgehaal en van die kant af gehengel word en ai die lekker braai daarna!

Kersfees en die groot dae is om die draai  -- mag dit en die toekoms geseënd wees vir almal.

Groete, Seemeeu

Geniet die GROOT dae!

Seemeeu

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant