Skelm teer sy pad terug selle toe
‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...
Die jaar lê alweer op sy rug en menige vakansiegangers het weer ons pragtige dorp en omgewing kom besoek. Mag julle lekker rus, geniet alles wat ons omgewing bied, gaan met mooi herinneringe terug en kom weer. Die sakegemeenskap verwelkom almal wat in die tyd hier kom uitspan en ook geld in ons dorp kom spandeer. Ek is seker dat een en elke besigheid hul bes sal doen om aan almal se vereistes te voldoen. Indien nie, praat met die eienaar of bestuurder, indien wel, vertel die wêreld! Die Facebook blad, “Wie Maak Vir Gansbaai Lekker” kan gerus daarvoor gebruik word! Die jaar was nie maklik nie en menige besigheid trek swaar. Die vooruitsig vir volgende jaar lyk nie baie rooskleurig nie, maar ons is vol vertroue dat daar wel veranderinge in regeringsbeleid en leierskap gaan kom wat hierdie land weer in ‘n groeifase gaan stuur en dit die land maak waarop ons almal trots kan wees. Kom ons word deel van die oplossing en nie van die probleem nie. Wat belangrik is, is dat daar altyd geleenthede is wat gaan opduik waarvoor uitgekyk moet word. Iemand het eenkeer gesê, “Daar gaan nog kinders gebore word wat miljoenêrs gaan word uit goed wat ons nog nie eers aan gedink het nie!” So, daardie idee van jou wat jy so lankal oor droom, is miskien net die geleentheid waarvoor die wêreld gewag het. Wie nie waag nie, wen nie! As Voorsitter van die Sakekamer wil ek van die geleentheid gebruik maak, en almal, inwoners en vakansiegangers ‘n Geesvervulde Christusfees toewens. Mag u Geloof, Hoop en Liefde in oorvloed ontvang en die Vrede wat Christus deur die Heilige Gees bied, u metgesel oor hierde Feestyd wees. Geseënde Kerfees.
Kobus van Staden
Voorsitter: Gansbaai Sakekamer
Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.
View ProfileXplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read More‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...
Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.
‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...
Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...
39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.
Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...