Skelm teer sy pad terug selle toe
‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...
Die jaarlikse en gewilde Halfmarathon van Gansbaai Lionsklub is om die draai: Oujaarsdag, 31 Desember 2015.
So tussen sweet en uithou en aanhou, kan die pragtige uitsig oor die hele Walkerbaai, omring deur die Kaapse berge in die verte, waardeer word. Die roete is uniek en strek soms tot aan die hoogwater merk langs die kus waar die Birkenhead gestrand het, asook by die speelplek van die Groot Withaai en die Noordkapper walvis. “Almal word hartlik uitgenooi om aan die Dangerpoint Halfmarathon, ons laaste halfmarathon vir die jaar, deel te neem,” sê Jan le Roux van Gansbaai Lions. “Dit is die 16de keer wat die halfmarathon deur die Lions Klub Gansbaai aangebied word en is een van ons groot fondsinsamelings-projekte waarvan die fondse wat ge-in word, weer in die gemeenskap teruggeploeg word.” Deelnemers het ‘n keuse tussen ‘n 21.1 km halfmaraton, ‘n 10km draf of ‘n 5km pretloop vir die hele gesin, ingesluit pa’s met stootkarretjies en selfs honde aan leibande. Die onderskeie afstande begin om 07:00, 07:30 en 08:00 by Laerskool Gansbaai se sportgronde, waar dit ook eindig. Inskrywingsvorms is by Gansbaai Toerisme langs die Gansbaai Superspar kompleks beskikbaar. Deelnemers kan egter ook op Woensdag, 30 Desember 2015 vanaf 16:00 by die laerskool se sportgronde registreer, of gedurende die oggend voor die marathon vanaf 05:00. Inskrywingfooie beloop onderskeidelik R60.00 (halfmarathon), R40.00 (10km) en R30.00 (pretloop). Waterpunte sal oral langs die roete beskikbaar wees. Alle deelnemers sal na afloop van die wedlope medaljes ontvang. Vanjaar se hoofborg (vir die 2de keer), is Dave Mostert van Romansbaai Ontwikkeling. ‘n Belangrike regstelling in die vorige berig is dat Boats van Staden nie meer die Lionpresident is nie, maar wel Ina Ogilvie. Verskoning word vir die fout gevra. Opwindende nuus is dat Mej Suid-Afrika Finalis, Marciel Hopkins wat tans in Franskraal met vakansie is, die eerste 3 wenners se medaljes sal oorhandig. Kom kyk gerus na afloop van die wedlope hoe lyk hierdie pragtige jonge dame.
Vir verdere inligting kan Jan le Roux by 078-851-2163 geskakel word.
Hardus Botha
Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.
View ProfileXplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read More‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...
Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.
‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...
Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...
39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.
Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...