Tien regverdiges vir ‘n reënboog

Tien regverdiges vir ‘n reënboog

Gansbaai Courant

Dit is met leedwese dat ek die jaar op hierdie trant begin, maar dit is met die volle vertroue dat daar dalk net tien regverdiges sal saamstem en die boodskap verder voer sodat Nineve vir ons gespaar sal bly. Politieke ontleders het uiteenlopende sieninge hieroor, ten spyte van jare se harde leer en daaglikse navorsing, maar selfs hulle kry die boodskap nie op die regte plekke nie. Ek gaan probeer, want iémand moet soos ‘n keffer begin om hakskene te byt en dit kan net sowel ek wees; ek is skoppe van hierdie aard gewoond. Die grootste woord in die politieke arena, die publieke arena, die korporatiewe arena en sommer op straat ook, is mos  RAS ! Die Nuwejaar se wyn is nog nie eens uitgetrek nie, die laaste van die Nuwejaarsbabas het nog nie geskree nie en die laaste klapper is nog nie geskiet nie, maar mense word alreeds weer hof toe gesleep oor rasseaanmerkings. My goeie...dis hier waar ek eksepsie daarteen neem dat vryheid van uitdrukking nie vloekwoorde toelaat nie…hoe kinderagtig en kleinlik moet ons dan nóg raak, kan ons nog laer daal? Die feit van die saak is: ONS IS ‘N RASSELAND! Ons is die reënboognasie, maar ons ontken ten sterkste dat rassisme hier ‘n plek het. Die benaming van “reënboogland” is destyds geskep om ‘n mooi prentjie die wêreld in te stuur. Oëverblindery van katastrofiese proporsies, want twee-en-twintig jaar later besteel, verniel, verneuk en moor rasse nog erger onder mekaar en onder hulleself in die naam van rassisme. Hoe sterker hulle dit wil ontken, hoe sterker bevestig hulle dit, want dwarsdeur die bank het mense nou al agter die kap van die byl begin kom. Daarbenewens word nog meer rasse ingevoer, wat Mbeki se goedbedoelde  reënboog nog verder vervuil, alles te wyte aan ‘n leier wat ‘n onrealistiese ideologie nastreef en hordes bang mense agter hom vergader. Bang, ja, omdat hulle gedreig word met fabelagtige magte van vernietiging wat deur die mitologie van hulle kultuur van geslag na geslag oorgedra word. Elke ras het sy eie herkoms en behalwe die Khoi in die suide en die San in die noorde kan geen ander ras aanspraak maak op hierdie Suidland se grond as sy eie nie. Die Unesco Bewaringsgebied by Mapungubwe in die noorde van Limpopo maak wel aanspraak daarop dat dit die eerste inheemste koninkryk in Suid-Afrika was, maar die gebied is in 1300 ontruim toe klimaatsveranderinge die mense na Zimbabwe laat migreer het. Die oorblyfsels van hierdie eens gesofistikeerde en ryk handelsentrum met China, Indië en Arabië is eers eeue later ontdek. Die Nguni’s (Xhosa, Zulu en Swazi) was volgende om met hulle massiewe troppe Nguni beeste van die Groot Mere gebied na die suidooste te migreer. Dit is hier waar rassisme en slawerny begin het! Koning Shaka was ‘n vegter en uit die Zulu’s het hy vir hom ‘n sterk militêre mag opgebou. Hy het met die assegaai regeer en die wêreld vir die kleiner stamme so onuithoudbaar gemaak dat hulle moes vlug. Hy het menige slawe gehad wat hy uit hierdie swakker stamme bymekaargemaak het. (Seker vroue, as mens so na ons Zulu Zumpie kyk!) Dit is hoe die Swazi’s in die noorde en die Xhosas in die suide van die land beland het. Die tongkliek in hulle dialek kom heel waarskynlik van hulle kontak met die reeds gevestigde San. En toe kom Jan met sy span en alle blaam word op hom gewerp. Hulle plant en bou en durf die wildernis aan om nog meer te plant en te bou; en leer ook die slawe hoe om stene te maak, dak te slaan en put te grawe. Van ons beste bouers van vandag is afstammelinge van die ras-egte VOC slawe uit die Ooste, ongelukkig nie van Groot Mere-afkoms nie, dit sien mens aan die boustyle. ‘n Mens kan die rasse-ding tot op die been oopkerf, maar nooit en nêrens gaan daar ‘n argeologiese fonds of papirusrol, heksebrousel of sangoma gooigoed opduik wat rasse suksesvol kan laat saamsmelt nie. ONS IS NIE DIESELFDE NIE! Daar is net een formule waarmee ons rassisme as ‘n negatief kan uitroei : deur trots te wees op ons ras en ons herkoms en dit uit te leef langs die volgende ras... en die volgende... soos ‘n kleurvolle reënboog.

 Carine Badenhorst

Tien regverdiges vir ‘n reënboog

Carine Badenhorst

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant