Skelm teer sy pad terug selle toe
‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...
Hiermee ‘n verklaring deur die uitvoerende hoof van Agri Wes-Kaap, mnr Carl Opperman.
“Agri Wes-Kaap het groot waardering vir die versoek deur die provinsiale minister van Plaaslike Regering en Omgewingsake, mnr Anton Bredell, en die minister van Landbou, Toerisme en Ekonomiese Aangeleenthede, mnr Alan Winde, om die Wes-Kaap as rampgebied te klassifiseer.
Landboutoestande in veral die Weskus Distriksmunisipaliteit en die Sentraal Karoo is uiters kommerwekkend en die landelike ekonomieë wat deur die afgelope droogte beïnvloed is, gaan ‘n lang tydperk neem om te herstel.
Agri Wes-Kaap is besig met opnames oor waar die behoefte aan voer in die provinsie die grootste is en waar voer beskikbaar is. Persone wat pitvoer, hawer, kuilvoer, koringstrooi, hooi, lusern, gars, lupine of finansiële bydraes kan skenk, word versoek om vir Johanne Rossouw by Agri Wes-Kaap by (021) 860 3804 of johanne@awk.co.za te skakel.”
Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.
View ProfileXplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read More‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...
Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.
‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...
Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...
39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.
Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...