Skelm teer sy pad terug selle toe
‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...
“Miskien moet jy nie vandag foto’s neem nie, dalk eerder met die volgende kompetisie,” het Johan Burmeister, voormalige wedstrydsekretaris van die Birkenhead Boothengelklub tydens verlede week se inweegsessie gesê. Dit was die 2de boothengelkompetisie vir 2016 op Saterdag, 9 Januarie op pad na die jaareind-trofeë.
Die see was ietwat ongemaklik en hoofsaaklik medium-grootte hottentotte is gevang. Die pragtige getal van 8 bote het ingeskryf, waarvan 7 ingeweeg het. Die totale aantal bemanning was 26. Ses verskillende spesies is ingeweeg en die totale aantal vis ingeweeg was 108 met 'n totale massa van 65.35kg, wat ‘n gemiddeld van 2.51kg per hengelaar beteken. Volledige uitslae is soos volg: swaarste vis, De Wet Gilliomee (Rooi Roman - 1.75g); 2de swaarste visse, Leon Engelke (Rooi Roman - 1.1kg) en Hennie Groenewald, Jnr (Silwervis - 1.1kg); swaarste sak (6.35kg), Henri Punt; 2de swaarste sak (6.25kg), Bev Swart; swaarste bootgemiddeld (5.19kg), Relêks 2 van Jean Downing; 2de swaarste bootgemiddeld (4.30kg), Bella Me van Bev Swart; Junior swaarste sak (3.55kg), Hennie Groenewald. Die 1ste 3 voorlopers in die onderskeie kategorieë vir 2016 is: Bootkampioene - Nu-Nu van Johan Burmeister (10.43kg), Relêks 2 van Jean Downing (10.18kg); Oupa van Ben Uys (9.88kg); Mans Visvangkampioene - Henri Punt (12.40kg), Johan Burmeister (11.10kg), Jean Downing (11.05kg); Dame Visvangkampioen - Dixie Walsh (2.95kg); Junior Visvangkampioene - Hennie Groenewald (9.25kg) en JP Uys (6.9kg). Die inweegmeester, Boetie Basson, het spontaan R200 borgskap vir die grootste vis aangebied, wat deur De Wet Gilliomee met sy Rooi Roman (1.6kg) gewen is. Die volgende boothengelkompetisie is vir Saterdag, 6 Februarie 2016 geskeduleer.
Klubnavrae en funksie-besprekings kan aan Philip Fourie, voorsitter, by 082-747-3634 gerig word, met kompetisie-navrae aan die Wedstrydsekretaris, Jean Downing by 076-840-3393.
Hardus Botha
Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.
View ProfileXplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read More‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...
Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.
‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...
Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...
39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.
Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...