Skelm teer sy pad terug selle toe
‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...
Ons is almal bevoorreg om op ons lewenspad van tyd tot tyd mense te ontmoet wat jy tot jou eie dood sal onthou. Mense wat net daardie diepte en karakter gehad het wat jou eie wese binnedring. Johnny was so ‘n mens. Talentvol, vriendelik en altyd bereid om te help. Gee vir hom ‘n mondfluitjie en hy maak jou hart stil en vat jou na vêr wêrelde. Gee vir hom ‘n stukkende horlosie of ‘n viskatrol of iets meganies en hy maak dit reg. Gee vir hom ‘n stuk hout en hy verweef sy eie liefde vir houtwerk in die nuwe meubelstuk in sodat dit ook karakter kry.
Johnny het op Sondag, 17 Januarie ná 2 jaar sy stryd teen kanker verloor. Johnny is op 20 Oktober 1942 in Pietermaritzburg gebore en het op 17 jarige ouderdom by die Spoorweë begin werk.
In 1967 trou hy met Christine Fourie van Gansbaai en daar is drie kinders, Christell, Mandi en Hein uit die huwelik gebore.
In 1976 begin hy by die myne in die destydse Transvaal werk en na sy aftrede in 1993 bou hy sy eie huis in Gansbaai waar Christine grootgeword het. Hy was vir jare die nutsman van Herberg-aan- See waar sy vermoë om enigiets reg te maak, ten volle benut is en was gedurende sy latere jare aktief betrokke met die maak van meubels en veral die restorasie van antieke meubels.
Die familie bedank graag almal en in die besonder die personeel van Gansbaai Kliniek, Overstrand Mediese Nooddienste en dr Bosman vir hulle ondersteuning en belangstelling tydens sy siekte en met sy afsterwe.
Familie en vriende word na ‘n Gedenkdiens op Saterdag, 23 Januarie om 11:00 by die Birkenhead Boothengelklub in Gansbaai hawe genooi.
Philippie Fourie
Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.
View ProfileXplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read More‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...
Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.
‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...
Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...
39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.
Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...