Skelm teer sy pad terug selle toe
‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...
“Ondanks vele probleme wat nog te bowe gekom moet word, is ek tevrede met ons vordering, asook met ons optredes en nagpatrollies deur vrywilligers wat dit sonder vergoeding doen,” sê Willem van der Merwe, voorsitter van Franskraal Buurtwag wat om en by Oktober verlede jaar aan die gang gekom het. Die res van sy komitee is intussen verkies en bestaan uit Melinda van der Merwe (tesourier), Roelien Knox (sekretaresse) en Anneri Lambrechts (bemarker, ens). “Daar is reeds 5 geel kennisgewingsborde by ingange opgesit, wat elk met groot dankbaarheid deur weldoeners geborg is, terwyl ons ook rooi borde teen R50/bord op lede se wonings aangebring het,” vertel Willem. Patrollielede het ook almal identifikasiekaartjies, terwyl kennisgewings ook op hulle voertuie aangebring is. Willem sê dat veral vakansiegangers baie beïndruk was wanneer hulle snag patrollies gedoen het en goeie terugvoering is ontvang. Wat tans broodnodig is, is 2-rigting radio’s waarsonder die patrollies moeilik funksioneer. Fondse is tans ‘n groot probleem en instansies of besighede wat bereid is om 2-rigting radio’s te borg, kan gerus met Willem in verbinding tree. “Omdat Franskraal nie ‘n gelyk-area is nie, sal ons dit waardeer indien ‘n deskundige op die gebied van radio’s ons van advies kan voorsien,” sê hy. Tans word baie tyd en eie fondse opgeoffer om ‘n sukses van die buurtwag te maak en verdere ondersteuning deur inwoners deur vir slegs R50/maand aan te sluit sal baie beteken. Willem sê vakansiegangers se “onverskilligheid” jeens veiligheid was hulle grootste kopseer. Vensters en deure is oopgelaat en waardevolle artikels is onbewaak gelaat. “Ons is ook by die Gansbaai Polisiëringsforum (GPF) ingeskakel en woon hulle vergaderings getrou by.” Inwoners van Franskraal kan gerus hierdie inisiatief ten volle ondersteun - dit dien tot voordeel van almal se veiligheid en nie net diegende wat lidmaatskap betaal nie.
Vir navrae kan Willem van der Merwe by 083-791-8497 geskakel word.
Hardus Botha
Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.
View ProfileXplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read More‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...
Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.
‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...
Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...
39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.
Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...