Kontrakmoord gefnuik

Kontrakmoord gefnuik

Gansbaai Courant

Bekende sakeman betrek

Twee mans is op Sondag 17 Januarie gearresteer op ‘n klag van sameswering tot moord. AJ Smit, eienaar van die kuierplek, Friends, word daarvan beskuldig dat hy ‘n gewese sakevennoot na ‘n geskil deur ‘n huurmoordenaar wou laat vermoor.

Die mede-beskuldigde, Yusuf Tayob, van Barnardstraat, is ‘n voormalige munisipale werknemer by die rioolsuiweringswerke en tans in diens van ‘n private maatskappy aldaar.

Hy is sedert 2012 in ‘n hooggeregshofsaak saam met 6 ander vermeende perlemoen sindikaatslede vanoor die hele skiereiland betrokke.  Die polisie het inligting oor die beplande huurmoord ontvang en na ‘n getuie-verklaring en ‘n deeglike  ondersoek self as klaer opgetree en die twee mans gearresteer. “Die identiteit van die man wat hulle na bewering beplan het om te vermoor word tans om veiligheidsredes weerhou” het Spr. Kapt. Danie Rautenbach Dinsdag gesê.

Die twee verdagtes het verlede Dinsdag in Hermanushof verskyn en borgtog is geweier. Hulle word tans in Caledon gevangenis aangehou. Hulle het weer verlede Donderdag verskyn en die saak is uitgestel tot vandag om hul misdaadprofiele na te gaan. ‘n Formele borgaansoek sal dan gedoen word.

Francois de Jongh

Kontrakmoord gefnuik

Francois de Jongh

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant