Skelm teer sy pad terug selle toe
‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...
Ek vertrou dat almal ‘n goeie Desember gehad het. As ek so na al die voertuie en mense in die dorp gekyk het wat by die winkelsentrums en ander besighede in en uit beweeg het en die restaurante wat vol gepak was, glo ek dat daar ten minste ‘n klomp besighede wel goed gedoen het.
Kom ons wees positief oor die jaar wat voorlê. Indien ons na al die doemprofete luister moes ons al lankal ons deure toegemaak het, maar omdat daar inoverend gedink word en ons nie negatiewe uitsprake maak nie, kan dit net goed gaan.
Nou die rede vir die skrywe.
Ons het nou al verskeie brande rondom ons gehad die afgelope tyd en daar is verskeie inisiatiewe geloods om die brandslaners van water, energiedrankies, kos ens te voorsien. Dit gebeur elke jaar en daar is nou ‘n poging om ‘n sentrale versamelpunt te kry waar al die bydraes heen geneem kan word. Daar is egter partykeer ook behoeftes aan ander noodsaaklikhede vir die mense.
Ek het nou met die idee gekom van ‘n Brandbestrydersondersteuningsfonds.
Die gedagte is dat die geld dan gebruik kan word om die noodsaaklikhede wat op daardie stadium nie by die versamelpunt beskikbaar is nie, aan te koop. My voorstel is - Jy besluit hoeveel jy wil gee vir die fonds en daag jou mede-sakemanne e-vroue uit om jou skenking te ewenaar of te verbeter. So kan ons ‘n groot bydrae maak om die nood te verlig. Omega sal wegspring met R500-00.
Enige bydrae is welkom!
Om hierdie inisiatief af te skop, kan die bydrae in die Sakekamerrekening inbetaal word. Die komitee sal dan sorg dat dit oorbetaal word wanneer dit benodig word.
(Glenda en Doulene is albei in hul hoedanigheid as toerismekantoorversamelpunt betrokke en is in kontak met Anje Badenhorst as ook Raadslid Riana de Coning.)
Die bankbesonderhede is as volg:
Gansbaai Sakekamer |
ABSA Hermanus |
Tak Kode: 334812 |
Rekening Nommer: 4049682433 |
Tipe: Current |
Verwysing: (baie belangrik) brandbestryding.
Kobus van Staden, Voorsitter, Gansbaai Sakekamer
Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.
View ProfileXplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read More‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...
Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.
‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...
Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...
39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.
Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...