Sluipmoordaanval - 2 dood, 2 gewond

Sluipmoordaanval - 2 dood, 2 gewond

Gansbaai Courant

Die moordaanval Sondagoggend om 2vm op die voertuig waarin die waarnemende bevelvoerder van die polisiekantoor op Hermanus en nog 3 insittendes was, was na bewering nie op hulle gemik nie, maar net op die bestuurder. Lt kol Rounita Burgess (48) is 2 keer in die kop geskiet en haar dogter, Randy Burgess (19) en ‘n familievriend, Rudi Salo (45) is doodgeskiet. Randy is in die gesig geskiet en Rudi in die arm en rug. Die bestuurder, Lynden Julies (34), is in die hand en kuit gewond. Die aanval het sowat ‘n kilometer vanaf die kampeerterrein van die Steppies Rally-motorfietsbyeenkoms op die hoek van Marineweg en Vleilaan in Hawston plaasgevind. Die motor is glo deur ‘n man voorgelê en daar is na bewering eers op Julies geskiet voordat die ander van agter getref is.

Aanvanklik is ‘n 26-jarige man, wat ‘n kind by Randy se tweelingsuster het, vir die aanval gearresteer. Hy moes Dinsdag in die Hermanushof verskyn, maar die polisie het hom vrygelaat weens ‘n gebrek aan genoegsame getuienis. Volgens die provinsiale polisiewoordvoerder, Lt Kol Traut, was die verdagte gearresteer op die basis van ‘n dreigement wat hy gemaak het. Die verdagte het na bewering vroeër na ‘n argument, vir Rudi gesê: ”Vanaand maak ek jou dood.” Die saak is uitgestel vir die forensiese- laboratoriumverslag en die ondersoek duur voort.

Volgens bronne word daar beweer dat 'n onbekende man een van Burgess se dogters gedreig het om haar hele familie uit te moor. Die man het glo in sabelataal (tronktaal) gesê ”Vanaand gaan jy, jou ma en pa en susters val.”

Burgess veg steeds in ‘n Kaapse hospitaal om haar lewe en haar toestand is ernstig, maar stabiel. Haar dogter, Randy se begrafnis  vind op Saterdag, 13 Februarie om 9.30 by die St Andrews Anglikaanse kerk plaas. Motorfietsryers beplan om van Rudi op ‘n ware motorfietsstyl met ‘n prosessie waartydens ‘n t-hemp met Rudi se gesig daarop, gedra sal word, afskeid te neem. ’n Spesiale lykswa sal deur ‘n driewielmotorfiets gesleep word. Sy roudiens is Saterdag om 11vm by die Tsusongsaal.

Francois de Jongh

Sluipmoordaanval - 2 dood, 2 gewond

Francois de Jongh

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant