Trotse Huiseienaars

Trotse Huiseienaars

Gansbaai Courant

“My belangrikste gelukwensings-boodskap aan julle is om eerstens volle verantwoordelikheid vir die instandhouding van julle wonings te aanvaar, want julle wag al jare daarvoor, maar tweedens moet ek ook die uiterste belangrikheid vir die opstel van ‘n testament onder julle aandag bring,” het Overstrandse Uitvoerende Burgemeester, Raadsdame Nicolette Botha-Guthrie gesê. Dit was tydens die amptelike oorhandiging van 45 Transportaktes (Kaart & Transport) aan ‘n groep trotse nuwe huiseienaars.

Sy het ook gesê alleenlik spanwerk kan sukses verseker en onder andere na Aron Gcotyelwa en Melanie Greyling en hul span verwys. “Hierdie span het gesorg dat 45 Transportaktes vanaand oorhandig kon word, met nog 75 wat tans by die prokureurs is,” het sy gesê. “En nou kan julle vol selfvertroue bank toe gaan vir ‘n lening - met ‘n Transportakte in die hand.” Die trotse huiseienaars bestaan uit gemeenskapslede vanuit Gansbaai, Blompark en Masakhane. Enkele raadslede, onder andere Riana de Coning en Moira Opperman, asook mnr Kat Myburgh, Areabestuurder van die Overstrandse Munisipaliteit se Gansbaai Administrasie, het die oorhandigingsgeleentheid bygewoon. Raadsdame Botha-Guthrie het daarna verwys dat hierdie oorhandiging van Transportaktes deel vorm van die DA-beheerde Overstrandse Munisipaliteit se globale verantwoordelikheid ten opsigte van dienslewering aan alle gemeenskappe.

Hardus Botha

Trotse Huiseienaars

Hardus Botha

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant