Skelm teer sy pad terug selle toe
‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...
Twee mans en twee jeugdiges is Saterdagoggend gearresteer in verband met ‘n inbraak by Ebeth store in die industriële gebied. Twee gate is tussen 2.00 en 4.00vm met ‘n voorhamer deur die stoor se muur geslaan en die gesteelde goedere is met 2 kruiwaens weggery. Die kruiwaspore het die polisie na ‘n huis in Hani Crescent, Masakhane, gelei waar die verdagtes net voor 8.00 gearresteer is. ‘n Inwoner van die huis, Francois May, en ‘n man van Blompark, Teswin le Roux, sowel as 2 jeugdiges is in besit van die gesteelde ware, waaronder duur silwerware, gordyne,rekenaar en ‘n ysmaker betrap. Die store word verhuur vir stoorplek en die eienaar van die gesteelde ware is opgespoor.
In ‘n onverwante voorval Sondagmiddag om 12.00 het ‘n lid van die publiek gesien hoe goed oor ‘n vibrecretemuur by Andre’s begrafnisdienste in die industriële gebied aangegee word. Die polisie is ontbied en toe hulle opdaag het verdagtes probeer weghardloop. Hulle is egter aangekeer. Heinrich Fermston(22) en Donovan Filander(19)is gearresteer en het reeds in die hof verskyn.
Francois de Jongh
Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.
View ProfileXplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read More‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...
Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.
‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...
Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...
39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.
Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...