AfriForum en FK Buurtwag

AfriForum en FK Buurtwag

Gansbaai Courant

“Kennis kan geneem word dat AfriForum ons op Dinsdag, 16 Februarie om 10:00 in die Franskraal Rolbalsaal kom toespreek,” sê Willem van der Merwe, voorsitter van Franskraal Buurtwag. “Alle belangstellendes sal welkom wees en nie net buurtwaglede nie.” Die gesprekvoering sal handel oor buurtwagte en algemene veiligheidsmaatreëls. Franskraal Buurtwag het gedurende Oktober verlede jaar aan die gang gekom en reeds gedurende die vakansieseisoen ‘n belangrike rol gespeel. ‘n Komitee is ook verkies: Willem van der Merwe as voorsitter, Melinda van der Merwe as tesourier, Coleen (nie Roelien soos voorheen berig nie) Knox as sekretaresse en Anneri Lambrechts as bemarker. Tydens ‘n vorige onderhoud het Willem gemeld dat etlike probleme steeds te bowe gekom moet word, maar dit blyk dat die buurtwag nou goed op dreef is. Hy doen ‘n beroep op Franskralers om teen die geringe bedrag van R50/maand by die buurtwag aan te sluit. Verdere ondersteuning deur middel van borgskappe, veral vir die aankoop van die korrekte 2-rigting radio’s, aangesien Franskraal nie ‘n gelyk-area is nie, sal ook opreg waardeer word. Franskraal Buurtwag is ook by die Gansbaai Polisiëringsforum (GPF) ingeskakel. Die ondersteuning van hierdie buurtwag, net soos in ander buurtwagte se gevalle, is van groot belang en dit dien tot voordeel van almal se veiligheid en nie net diegende wat hul lidmaatskapfooie betaal nie. Onthou van AfriForum se aanbieding op Dinsdag, 16 Februarie om 10:00 in die Franskraal Rolbalsaal. Vir navrae kan Willem van der Merwe by 083-791-8497 geskakel word.

Hardus Botha

AfriForum en FK Buurtwag

Hardus Botha

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant