Protea's kyk Haaie

Protea's kyk Haaie

Gansbaai Courant

Protea Krieketspan Haaiduik

Die seëvierende Eendag Protea Krieketspan is sekerlik op alle krieketliefhebbers se lippe, veral ná die reeks teen Engeland wat hulle met 3/2 beklink het. Hierdie groep kriekethelde het op Dinsdag, 16 Februarie 2016 by Kleinbaai kom haaie kyk.

Die manne het in winderige reënweer ‘n joppelsee aangedurf, maar het hul staal gewys deur te hokduik. Die onderlinge kameraderie tussen die spelers was opmerklik. Francois de Jongh, Uitgewer: Gansbaai Courant en self ‘n knap voormalige Nasionale Plattelandse skole krieketafrigter en toerorganiseerder, het gesellig met die spelers verkeer voordat hulle aan boord gegaan het. “Uit gesprekke met hulle het dit duidelik geblyk dat hulle maar onrustig en onseker was oor hoe die boot se rol hulle sou beïnvloed,” het Francois gesê. “Seesiek laat hom nie voorskryf nie!” Die moontlikheid om in ‘n hok saam met Gansbaai se Grootwithaaie te duik, het egter dié bekommernis vinnig op die agtergrond geskuif.

“Die span was White Shark Projects se kliënte, maar omdat hulle boot nie soveel mense kan vat nie, het hulle die krieketspan met ons boot laat uitgaan,” vertel Maronelle Kritzinger van Supreme Sharks. Hulle boot se naam is Great White, met skipper Frank Rutzen en die fotograaf as Jurie Smal. Die krieketspan was gelukkig genoeg om 3 Grootwithaaie te kon sien. Gansbaai Courant het onlangs ‘n artikel oor die “verdwyning” van Grootwithaaie vir sowat 27 aaneenlopende dae geplaas. Maronelle sê dié probleem is sedert 10 Februarie 2016 besig om af te neem. “André Hartman, wat by ons werk, sê dit het sowat 20 jaar gelede ook gebeur.

Die haaibedryf is erg geaffekteer, maar so ook die inwoners, gastehuise en restaurante.” Die krieketspan het die haaiduik nie net oorleef nie, maar terdeë geniet sonder die ongemak van seesiek!

Hardus Botha

Protea's kyk Haaie

Hardus Botha

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant