Skelm teer sy pad terug selle toe
‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...
Die NG-gemeente se Vrouediens Aksie, onder leiding van Elcine Hulme, beplan weer ‘n gesellige kuier - gratis en verniet. Hulle ope-byeenkomste in die Pretoriussaal is al bekend vir gesellige en ontspanne saamkuiers en daar is altoos iets vir die soettand (en souttand!). Heidi Scrooby van Radio Whale Coast 96FM in Hermanus, kom op 23 Februarie 2016 ‘n draai maak om saam te kom kuier en ook om as gasspreker op te tree. “Heidi het vir my gesê die tema van haar gesprek met die dames hou sy as ‘n verrassing,” vertel Elcine. Prag-versierde tafels wag weer eens op die gaste, asook soet- en sout om saam met koffie/tee te geniet. Moet dit nie misloop nie. Toegang is gratis en verniet, maar ‘n vrywillige kollekte sal opgeneem word. Die Gansbaaistreek se dames is vir die komende byeenkoms verantwoordelik en Elcine sê addisionele hulp sal waardeer word. Almal in die dorp is welkom en onthou die om-die-draai byeenkoms: Dinsdag, 23 Februarie 2016 om 15:00 in die Pretoriussaal. Vir navrae en besprekings kan Elcine Hulme by 028-388-0814 of 082-564-1959 gekontak word.
Hardus Botha
Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.
View ProfileXplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read More‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...
Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.
‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...
Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...
39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.
Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...