Skelm teer sy pad terug selle toe
‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...
Kennis kan geneem word dat ek vanaf 27 Februarie vir minstens 2 weke nie beskikbaar sal wees nie. Ek en Anita vlieg na Pretoria waar ek op 29 Februarie ‘n voetoperasie sal ondergaan. Die operasie is soortgelyk aan die twee voetoperasies wat ek etlike jare gelede ondergaan het, met onder andere 4 skroewe in my voetbrug wat nou vervang moet word. Vir dié wat my toe geken het, sal onthou dat ek sowat ‘n jaar op krukke deurgebring het. Ons sal net vir die week in Pretoria wees en vlieg weer op 6 Maart terug, maar ek sal waarskynlik nog ‘n week tuis aansterk. Daarna sal ek op ‘n gereelde basis, waarskynlik daagliks, wel inkom kantoor toe, maar sal uit die aard van die saak nie kan uitbeweeg vir onderhoude of die neem van foto’s nie. Ons uitgewer, Francois de Jongh sal vir my instaan en hy kan by 082-897-5135 gekontak word, of stuur ‘n e-pos aan hom by courant@itec.co.za. Sodra ek weer op kantoor is, kan ek wel besoek of gekontak word vir onderhoude waar nodig, of inligting en foto’s kan via e-posse aan my gestuur word. Baie dankie vir vele jare se ondersteuning en dat ek altyd, ook nou, kan staatmaak op inligting vanuit die gemeenskap vir berigte in Gansbaai Courant. Vriendelike groete totdat ek weer “mobiel” is!
Hardus Botha, Redakteur: Gansbaai Courant
Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.
View ProfileXplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read More‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...
Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.
‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...
Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...
39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.
Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...