Voorlopige Inkomstebelasting

Voorlopige Inkomstebelasting

Gansbaai Courant

Voorlopige Inkomstebelasting is gemik om die belastingbetaler te help om sy aanspreeklikheid na te kom  deur middel van 2 betalings te maak in plaas van 1 groot enkelbetaling na aanslag. 'n Derde betaling kan opsioneel gedoen word , sou dit nodig wees. Die betalings word vooruitgemaak, vir die betrokke jaar , en word gebasseer op die geskatte belasbare inkomste vir die jaar van aanslag. Die aanspreeklikheid word bereken deur die normale belasting wat deur die jaar betaal is af te trek van die voorlopige Inkomste Belasting berekening en die verskil / tekort  moet dan betaal word by wyse van die voltooing en diening van die IRP6 opgawe ( elektronies of per hand by enige SAID Tak ).  Daar is 3 belangrike datums wat die voorlopige belasting- betaler ingedagte moet hou, naamlik:

1ste betaling - 31 Augustus       2de betaling - 28/29 Februarie

3de betaling - 30 September (opsioneel)

Wie moet voorlopige inkomstebelasting betaal? Individue wat inkomste verkry wat nie 'n salaris, loon, kommissie, pensioen, toelae of voorskot is nie, soos  bv netto huurinkomste, belasbare bruto rente inkomste, buitelandse rente en dividende, eenmansake, asook vennote van 'n vennootskap, lede van beslote korporasies en direkteure van maatskappye.  Beslote korporasies en maatskappye val outomaties onder hierdie stelsel. Boetes en rente kan gehef word in die volgende gevalle: Onderskatting van inkomste , laat indiening van opgawes , asook  die laat betaling van die opgawes.

Dit is dus belangrik dat die leser homself vergewis of hy/sy vir voorlopige belasting kwalifiseer of nie.

Indien daar enige twyfel is, kan ons gekontak word by (028) 384 1698 of e-pos: chantel@orcawireless.co.za.

CM du Plessis Rekenmeesters

Voorlopige Inkomstebelasting

CM du Plessis Rekenmeesters

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant