Skelm teer sy pad terug selle toe
‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...
Die bekende bassanger, Rouel Beukes tree op 2 Maart 2016 in Gansbaai op, ‘n aand wat nie misgeloop moet word nie. Rouel se bekroonde sangloopbaan begin aan die Goudstadse Onderwyskollege, waar hy onder andere privaat onderrig van Sarie Lamprecht ontvang. In 1980 wen hy die Mimi Coertse beurs vir verdere studie aan die Hochschule fur Musik in Munchen, Duitsland. Na sy opleiding tree hy as solis in 115 produksies van Truk op. ‘n Verdere hoogtepunt in sy sangloopbaan was in 1986 toe hy met ‘n Staatsteater Trust beurs na Milaan in Italie vir verdere studies by Maestro Franco Ferraris kon gaan. Sy loopbaan het hom na alle uithoeke van die wêreld geneem - vir rolle in opera, oratoria en musiekblyspele. Van sy pryse en toekennings wat hom te beurt geval het, sluit onder andere die volgende in: ‘n Vita; 3 Nederburgpryse vir opera; die SAA Opera Foundation Award en die Friends of the Opera Bursary. Rouel se repertorium sluit meer as 140 rolle in - van Wagner tot Andrew Lloyd-Webber. Hy is ook ‘n gesoute akteur in TV- en radio dramas. TV-rolle was onder andere mnr Kleynhans in 7de Laan, in Villa Rosa vertolk hy die rol van Prof Theuns, terwyl hy ook in Isidingo en Egoli opgetree het. In die radioreeks Blinkwater vertolk hy die rol van Dr. Frans du Randt en in die rolprent Liefling die Movie die rol van Oupa Karel. Die afgelope paar jaar was Rouel deel van ‘n internasionale toergeselskap van Lord Andrew Lloyd-Webber se The Really Useful Group wat wêreldwyd Phantom of the Opera getoer het. Hy is pas terug van Beijing waar die toer na bykans 2,000 opvoerings ten einde geloop het. Kaartjies beloop R100 per persoon en is by Gansbaai Toerisme (028-384-1439) beskikbaar, of skakel vir Glenda Kitley by 072-291-5564 of stuur ‘n e-pos aan haar by gansbaaimanager@telkomsa.net. Rouel Beukes sal op Woensdag, 2 Maart 2016 om 19:00 in die Pretoriussaal optree.
Hardus Botha
Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.
View ProfileXplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read More‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...
Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.
‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...
Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...
39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.
Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...