Vrystater bou self…

Vrystater bou self…

Gansbaai Courant

André Vorster (72) van Perlemoenbaai is ‘n voormalige boer en sakeman van Bloemfonteinn en omgewing wat hier kom bou het. Hy en sy eggenote, Judith het aanvanklik die wêreld vanaf George deurkruis op soek na die ideale plek om af te tree. Na vele gesoekery het hulle uiteindelik ‘n erf in Perlemoenbaai gekoop, maar dit kort daarna verkoop om dié een waar hy sy huis gebou het, te koop. André se stokperdjie is vliegduiwe en daarmee is hy al sowat 60 jaar besig, net met ‘n onderbreking tussenin. Die versameling van oudhede en skilderye, waarvan hy etlike kosbaarhede het, is egter ook ‘n passie in sy lewe. Judith is ‘n skole-inspekteur en kan eers teen die einde van April by hom kom aansluit. Sy is baie kunstig en baie lief vir musiek, terwyl sy ook etlike musiekinstrumente kan bespeel. André het reeds gedurende 2014 met al die reëlings, bouplanne en goedkeurings begin. Hy het ‘n bouer van Bloemfontein af saamgebring, maar het besluit om van plaaslike arbeid gebruik te maak. “Nadat ek al die regte kanale vir die bou van my huis gevolg het en alles aan die einde van die dag goedgekeur is, sou die bouery in alle erns begin het,” vertel André. “Maar net toe ek die huis se fondasie halfpad gegooi het, het my vele probleme en ergenisse begin.” ‘n Beampte van National Home Builders Regulations Council van die Kaap by hom stilgehou. André het as eienaarbouer gebou, maar die beampte wou weet of hy as eienaarbouer geregistreer is. “Niemand gedurende my hele proses van aansoekdoening het so iets aan my genoem nie,” het André hom meegedeel. Hy is wel toegelaat om die fondasie klaar te gooi, aangesien dit nie kan oorstaan as dit eers begin is nie. Daarna was dit ‘n lang stryd wat André moes aanpak en “om ‘n lang storie kort te maak”, moes hy selfs ‘n eksamen gaan aflê nadat ‘n stapel boeke bestudeer moes word. “Ek was baie omgekrap en het as gevolg daarvan groot finansiële verliese gely en moes etlike kere na Kaapstad en Bloemfontein reis,” sê hy. “Aan die einde van die dag moes ek maar maak soos wat daar voorgeskryf is en slaag toe my eksamen met 100%.” Nou is die huis uiteindelik klaar, wat nogal ‘n pragstuk met ‘n pragtige tuin is, met André wat van A tot Z self beplan, uitgelê en gebou het. “Ek is nog besig met afrondingswerk hier en daar, maar nou is dit nog net Judith wat kort, maar eersdaags sluit sy by my aan.”

Hardus Botha

Vrystater bou self…

Hardus Botha

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant