Plaas-Smokkelnes Skok

Plaas-Smokkelnes Skok

Gansbaai Courant

Twee Chinese mans en ‘n bekende sakeman van Gansbaai, Johan Rademeyer, is Saterdagmiddag gearresteer toe daar op ‘n perlemoen droogfabriek toegeslaan is. Die polisie het inligting ontvang dat daar vermoedelik perlemoen gestoor word op die plaas Groenkloof kortby die Pearly Beach R43 kruisweg op pad na Baardskeerdersbos. Gansbaai polisie en speurtak sowel as die Departement van Seevisserye (DAFF) se beamptes het in ‘n gesamentlike operasie toegeslaan. In een van die vier huise op die plaas is daar ‘n perlemoen-droogfasiliteit gevind.

Al die vensters was toegeplak met foelie en toerusting wat kenmerkend is vir die droog van perlemoen, is gevind. So ook 2300 gedroogde perlemoen, sommige nog op droograkke. Twee Chinese mans is op die perseel gearresteer en daar moet nog bepaal word of hulle verblyfreg in Suid-Afrika het. Een van die plaaseienaars, Johan Rademeyer (61), is ook gearresteer aangesien 2 groot rubberbote op sy perseel gestoor is. ’n Vierde verdagte sal moontlik binnekort gearresteer word. Perlemoen word gedroog deur dit eers in ‘n perserveermiddel te kook en daarna vir 10 dae op droograkke voor waaiers te plaas. In China word die proses omgekeer deur dit weer te behandel. Daarna word dit weer vars, amper soos droë vrugte wat opgekook word.

Die swartmarkprys is R3000 per kg en ‘n derde van die perlemoen se gewig word verloor in die droogmaakproses. Die waarde van die perlemoen wat gekonfiskeer is, is dus sowat R600 000 en dié van die toerusting en bote meer as R300 000. Al drie die beskuldiges het reeds in Bredasdorp se hof verskyn en word tans aangehou in die Buffeljags gevangenis buite Swellendam. Die saak is uitgestel tot Dinsdag 22 Maart vir borgtog profiele.

Francois de Jongh

Plaas-Smokkelnes Skok

Francois de Jongh

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant