Skelm teer sy pad terug selle toe
‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...
Thys en Linda Cilliers van Franskraal kan met reg trots wees op hul kleinkind, Marli Dimond (9) van Laerskool Risiville, Vereeniging. Marli was een van 5 atlete in haar skool wat op 11 en 12 Maart vanjaar aan die SA Atletiek Kampioenskappe in Port Elizabeth deelgeneem het. Sy het ‘n goue medalje vir haar eerste plek in die 1,200m dogters o/10 ingepalm. Haar tyd van 3:53 is ‘n verbetering van 3 sekondes van die ou SA Rekord. Marli is ook as die Beste Baan Atleet van die dag aangewys. Prestasies soos hierdie laat nie net ouers se harte met trots swel nie, maar veral dié van grootouers. Thys en Linda, ook bekend vir hul puik reëlings jaarliks met die Kersmark, vertel dat hulle baie trots is, maar ook dankbaar dat hulle daardie vreugdevolle dag saam met Marli en haar ouers, Martin en Joelinda Dimond kon beleef. Linda vertel dat die wedloop iets besonders was. Marli het met die wegspring vanaf die 7de plek na die 1ste plek tydens die laaste 100m van die wedloop geveg. “Joelinda het ons vertel dat sy dié betrokke oggend in hulle Dagstukkie vir Marli gelees het die Here is die leeu wat haar sal dra…”
Hardus Botha
Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.
View ProfileXplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read More‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...
Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.
‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...
Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...
39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.
Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...