Skelm teer sy pad terug selle toe
‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...
Twee gesinne van Gansbaai, André en Juanita Hage en Elzanne Bosch het behoorlik paniek ervaar ná ‘n oproep van lughawe-personeel dat hulle twee seuns, AJ Bosch (12) en Adrian Hage (12) “vermis” is. “Die twee Gansbaai-seuns se beste vriend, Neo Kruger en ook ‘n oudskolier van Laerskool Gansbaai, het einde verlede jaar na sy pa in Johannesburg verhuis, waar hy vanjaar met sy hoërskoolloopbaan begin het,” vertel Elzanne. “AJ en Adrian was van Neo se beste maatjies hier op Gansbaai en hulle afskeid verlede jaar was baie hartseer.” Planne is beraam vir ‘n kuier aan Neo in die nuwe jaar en daar is op die Aprilvakansie besluit. Die kuier moes egter ‘n verrassing vir Neo wees en al die reëlings is in die geheim getref. Toe breek die groot dag aan, met AJ se eerste keer in ‘n vliegtuig en Adrian se tweede keer. “Die seuns het hulle soos groot manne gedra en sommer vinnig agtergekom hoe lughawe-dinge werk,” vertel Elzanne. “Daarom het ons gery nadat ons hulle ingeboek en by die ‘boarding station’ gegroet het.” Op pad terug na Gansbaai ontvang Elzanne, André en Juanita ‘n oproep: “Julle kinders word vermis!” Elzanne beskryf daardie oomblik soos volg: “7 hartaanvalle, André gooi byna die bakkie om toe hy aftrek, Juanita probeer die kinders soos ‘n besetene skakel en ek redeneer aanhoudend met die lughawe-personeel oor wat verkeerd kon geloop het.”
Wat vir die ouers langs die pad soos “ure en ure” gevoel het, is toe met die volgende oproep opgelos: “Julle kinders is opgespoor!” Wat toe gebeur het is dat AJ en Adrian besluit het hulle het sake onder beheer en benodig nie ‘n lugwaardin nie, waarna hulle die vliegtuig doodluiters bestyg het, onbewus van hul ouers langs die pad se paniek! Hulle fone was ook reeds ingevolge die regulasies afgeskakel. Die verrassing vir Neo was baie groot en die kuier by hom het al die “drama” die moeite werd gemaak.
Hardus Botha
Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.
View ProfileXplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read More‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...
Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.
‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...
Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...
39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.
Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...