Skelm teer sy pad terug selle toe
‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...
Op Donderdag, 24 Maart 2016 om ±1:20 die oggend het ‘n kortsluiting by Giuseppe’s in die kombuis by die yskaste ontstaan, wat groot skrik vir Ansie Young op die hals gehaal het. “Ek was alleen aan diens en kon toe nie die brandblusser van die muur af kry nie,” vertel sy. “Gelukkig het Riaan Buys van Overstrand Medical Response op daardie oomblik ingehardloop gekom en daarin geslaag om die brandblusser af te haal en begin om die vuur te probeer blus.” Sy sê Gino het ook uit die gebou gekom met ‘n brandblusser en ook probeer om die vuur te blus, waarna Gansbaai Brandweer ook opgedaag het. “Nadat hulle ook 2 brandblussers leeggemaak het is die vuur in geheel geblus…natuurlik met alles wat met wit poeier bedek is en kos wat ek net so in die asblik moes gooi.” Sy vertel ook van die groot skoonmaak wat toe begin het. “Cassie Carstens van Gansbaai Car & Boat Wash het sy groot stofsuier, asook personeellede gebring om te help, asook Chantélle Carstens en Annemarie Buys wat flink met lappe ingespring en begin skoonmaak het,” vertel Ansie. “Daarna het Vannessa Thomas ook kom help, terwyl ekself in ‘n skoktoestand rondgestaan en staar het, is daar vinnig opgeruim.” Riaan Buys van Lemo’s het al die tafeldoeke en wasgoed laat was en skaars ‘n uur later was alles skoon en terug by Giuseppe’s. “Ek wil graag van die geleentheid gebruik om vir almal wat so behulpsaam was ‘n groot Dankie te sê, asook vir De Wet en Morkel van Niekerk van Gansbaai Superspar wat hier was om my te help om weer olie in die fryers te kry sodat ek die volgende dag weer aan die gang kon kom.” Met vriende soos hierbo vermeld kan vele probleme oorbrug word!
Hardus Botha
Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.
View ProfileXplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read More‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...
Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.
‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...
Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...
39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.
Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...